CrimeLocal newsNews

Boewe baklei oor beseerde se skoene

'n Motorfietsryer is na 'n botsing aan sy arms in die pad gesleep waarna sy valhelm en rugsak van hom afgepluk is.

Oomblikke nadat ‘n 20-jarige man van Dan Pienaarville in ‘n ernstige ongeluk betrokke was is hy aan sy gebreekte arms rondgesleep en beroof.

Quinten Wagner se motorfiets en ‘n voertuig het op die hoek van Onderste- en Derdestraat gebots waarna ongeveer 20 omstanders op hom toegesak het.

“Hy is onmiddellik aangeval,” sê sy ma Monique wat vroeër vanjaar by was toe sy pa Hennie voor hulle huis deur rowers doodgeskiet is.

Quinten Wagner voor die ongeluk. Foto: facebook.
Quinten Wagner voor die ongeluk. Foto: facebook.

“Ek het gehoor dat hulle hom aan sy arms gegryp het en in die pad gesleep het. Daarna het hulle sy valhelm en rugsak van hom afgepluk en boonop oor sy skoene baklei!”

Sy sê lede van die publiek het gesien wat gebeur en ingegryp.

“Ons weet nie of sy arms so erg gebreek is tydens die ongeluk of toe hy daarna rondgesleep is nie,” sê sy.

“Hy was in daardie stadium nog redelik by sy bewussyn en kon darem uitwys waar hy oral pyn gehad het.”

Lede van die Sektor 3 Gemeenskapspolisiëringsforum was ook blitsig op die toneel. Hulle het paramedici bygestaan totdat Netcare 911 se helikopter opgedaag het, sê Pieter Sparks, voorsitter van dié forum.

Monique sê haar seun moes ses sakkies bloed kry nadat hy in Netcare Milpark Hospitaal opgeneem is. Hy het intussen reeds drie operasies ondergaan – twee keer is daar aan sy lewer gewerk en penne is in sy gebreekte arm ingesit.

“Terwyl hulle sy lewer ondersoek het, is daar vasgestel dat daar ook probleme met sy pankreas is.”

Altwee Wagner se arms, ses ribbes en ‘n sleutelbeen is gebreek. Weens die pyn word hy steeds onder sedasie gehou en is aan ‘n ventilator gekoppel.

“Al wat ons nou kan doen is bid. ‘n Skandering kon eers Saterdag gedoen word omdat sy toestand volgens die dokter tot in daardie stadium te onbestendig was. Daar is toe vasgestel dat hy heelwat inwendige beserings opgedoen het.”

Wagner sê haar seun, een van ‘n tweeling, slaap heeltyd.

“Sy tweelingsussie Monezta is nog rusteloos en was in ‘n toestand toe sy van haar boetie se ongeluk hoor.”

8 Comments

  1. Hoe gaan n ouer deur dit?ons maak ons kinders die wat ons kan groot en dan gebeur so iets!!ek wou my kind n scooter gekoop het om by haar skool te kan kom en vir haar te wys ek vertrou haar,maar ek is bang so iets gebeur met haar en ek wil nie in (daardie) ouers se skoene wees nie.ek self kan sien hoe roekeloos bestuurders is en kyk nie waar hulle ry nie!!as hulle nie in een rigting straat ry nie dan is hulle op hulle selfone besig of is gedrink!!een fout op die pad kos iemand anders se huis gesin skade of verlies en pyn.soos die vrou wat iets gelees het voor haar en in my kar vas gery het by n rooi robort of soos die man wat gejaag het en beheer verloor het oor sy voertuig toe die lig rooi geword het vir hom en binne in my susster gejaag het!!nou vra ek hoeveel moet hulle lewe verander en besef dat dit beteken nie jy het n bestuurlisensie jy kan ry soos wat jy wil nie.waar is menslikheid?bestaan so iets nog? Hoeveel werd is ons kinders se lewe op die paaie?

  2. I think this is despicable to steal from an aCcident victim instead of assisting I really wish the wheel turns on them

  3. Baie Sad dat mens saam so n klomp savages n land moet deel!!! Ek weier om daai gedrag toe te skryf aan armoede in die land dis blood n weerspieling van daai mense se karakter en hulle gebrek aan Respek,Disipline,Geloof ens…Mag hulle eendag kry wat hul toekom flippen Gemorse!!!!!!

  4. Wat het van die mensdom geword, hoe kan jy iemand beroof wat erenstig beseer is, HOE???? Dit maak my net siek om te dink ons land gaan onder agv die barbare. Diere gaan nie eers so erg aan… geen wonder almal gee pad uit SA. Wanneer gaan die goverment iets begin doen, eers wanneer so iets met een van hulle kids gebeur!! Baie sterkte aan die gesin wat hierdeur moet gaan.

  5. Ek is geskok deur die gebeurtenis! Dit is vir my erger as die verlamde ou oom in Centurion wat uit sy rolstoel uitgetel is, op die grond gesit is in die bloedigge son, terwyl 2 mans met sy rolstoel weg hardloop. Dit kom my voor dat common decency nou heeltemal sy gat gesien het in ons land.

Back to top button