Local newsNews

‘n Spog-geleentheid by karskou

Baie van die voertuigeienaars sien die vierde Centenary Car Club Goodwill Run as 'n lekker geleentheid om 'n bietjie met hulle karre te spog.

Met trots het voertuigeienaars hulle blinkgepoetste voertuie by die vierde Goodwill Run by President Hyper parkeer en toe staan en kyk hoe verbygangers dit bewonder.

Die Goodwill Run is in samewerking met die Centenary Car Club gehou om kos en komberse vir die minderbevoorregte kinders by die Mug & Tree Gemeenskapsentrum in Krugersdorp-Wes in te samel.

Quintin en Tanya Jordaan asook Max, hulle Jack Russel, het die motorskou kom ondersteun en geniet.

Tanya en Quintin Jordaan, asook Max hulle Jack Russel, het die motorskou kom ondersteun en geniet.
Tanya en Quintin Jordaan, asook Max hulle Jack Russel, het die motorskou kom ondersteun en geniet.

“Dit is al ons derde keer hier en elke keer geniet ons dit net nog meer,” sê Quintin.

“Die atmosfeer is fantasties en dit is ook ‘n goeie geleentheid om ‘n bietjie uit te kom.”

Hy sê sy Ford Mustang 1978, waarvan daar glo nog net drie in die wêreld is, verg baie tyd om aan die gang te hou.

David Binder van die Ford Cortina Fan Club sê sy 1974 Ford Cortina sou baie stories kon vertel as dit kon praat.

David Binder van die Ford Cortina Fan Club het sowat twee jaar gelede sy 1974 Ford Cortina 'n tweede asem gegee.
David Binder van die Ford Cortina Fan Club het sowat twee jaar gelede sy 1974 Ford Cortina ‘n tweede asem gegee.

“Ek het die kar 22 jaar gelede gekoop en dit sowat twee jaar gelede gerestoureer. Ek het die oorspronklike bruin kleur met blou vervang.”

Hy sê dit het hom sowat R80 000 uit die sak gejaag om sy kar waarop hy nou nog meer trots is ‘n tweede asem te gee.

André Fourie, ook ‘n lid van die Ford Cortina Fan Club sê hy het sy 1971 Ford Cortina vier jaar gelede gekoop.

André Fourie van die Ford Cortina Fan Club met sy 1971 Ford Cortina wat hy vier jaar gelede gekoop het.
André Fourie van die Ford Cortina Fan Club met sy 1971 Ford Cortina wat hy vier jaar gelede gekoop het.

Ek is al vroeg in my lewe aan die soort kar blootgestel en het nog altyd van die kar gehou. Toe my pa eendag vir my sê hy het op ‘n Cortina afgekom het ek daarna gaan kyk en dit sommer nog dieselfde dag by die handelaar gekoop.”

Oor die Ford Cortina Fan Club sê hy: “Dit voel of ek ‘n tweede gesin het”.

Tienie van Niekerk het sy 1930 Ford in 1995 ‘n tweede kans gegee om die teer en die wind op die pad te voel.

Tienie van Niekerk in sy 1930 Ford.
Tienie van Niekerk in sy 1930 Ford.

“Ek het dit by ‘n skrootwerf gekoop. Die voertuig is met ‘n vervoertrok na my huis gebring waar ek toe met restourasiewerk begin het.”

Hy sê hy het al talle karskoue met sy kar bygewoon en geniet dit nog elke keer.

Rob McLaren sê hy en sy Chevrolet Corvette C3 1980 model ondersteun nog elke Goodwill Run.

Rob McLaren sê hy en sy 1980 Chevrolet Corvette C3 ondersteun nog elke jaar die Goodwill Run.
Rob McLaren sê hy en sy 1980 Chevrolet Corvette C3 ondersteun nog elke jaar die Goodwill Run.

“Ons ondersteun dit want dit is lekker om al die ander karre te sien en ook om ‘n bietjie te kan spog.”

Hy sê baie harde werk word ingesit, tog is dit als die moeite werd wanneer mense verbystap en na sy kar kyk.

Win Davison, een van die stigterslede van die Centenary Car Club het met sy 1957 MGA kom spog.

Win Davison, een van die stigterslede van die Centenary Car Club het met sy 1957 MGA kom spog.
Win Davison, een van die stigterslede van die Centenary Car Club het met sy 1957 MGA kom spog.

“Ek het ‘n groot liefde vir karre en wanneer mense my kar bewonder dan sit dit my so ‘n bietjie op ‘n ego trip.”

Hy sê dit is vir hom nog lekkerder as hy die opgehelderde gesigte van mense sien wat verby sy kar stap.

“Vir baie bring dit herinneringe omdat hulle self so ‘n kar besit het of iemand – dalk ‘n oupa – geken het wat so ‘n kar bestuur het.”

Verwante stories:

Motorskou vir liefdadigheid

At Caxton, we employ humans to generate daily fresh news, not AI intervention. Happy reading!
You can read the full story on our App. Download it here.
Back to top button