Local newsNews

Motorskou vir liefdadigheid

Die vierde Goodwill Run is by President Hyper gehou en groei elke jaar, sê die organiseerders.

Die vierde suksesvolle Goodwill Run is gister (13 Julie) gehou waartydens kos en komberse vir die Mug & Tree Gemeenskapsentrum ingesamel is.

Hierdie fondsinsameling is deur die Centenary Car Club in samewerking met President Hyper gehou om die gemeenskap die geleentheid te gun om na ‘n paar meganiese pragstukke te kyk asook om hulle harte vir behoeftige mense oop te maak.

Hennie Booysen maak seker sy blinkgepoetste 1983 Ford Cortina sal die aandag trek.
Hennie Booysen maak seker sy blinkgepoetste 1983 Ford Cortina sal die aandag trek.

Meer as 400 motors het ‘n staanplek gekry waar duisende mense daarna kon kyk, dit bewonder en selfs foto’s daarvan neem.

Die organiseerders van die motorskou sê hulle was reeds van 6vm af hard aan die werk om als vir die dag gereed kry.

“Ons ondersteun elke jaar ‘n ander organisasie in Krugersdorp omdat die gemeenskap soveel vir ons doen,” sê Herman Pienaar.

'n Groot verskeidenheid motors was by vanjaar se Goodwill Run te sien.
‘n Groot verskeidenheid motors was by vanjaar se Goodwill Run te sien.

Hy sê dit is vir hom lekker om te sien hoe die Goodwill Run elke jaar net groter word.

“Die ondersteuning wat ons kry is fantasties! Dit is verblydend dat soveel mense die dag saam met ons spandeer en geniet.”

Kos en komberse is hierdie jaar vir die Mug & Tree Gemeenskapsentrum ingesamel. Hier is die organiseerders van hierdie jaar se Centenerary Club se Goodwill Run met van die goedere wat oorhandig sal word. Agter van links is Evert en Engela Louw, Bollie en Herman Pienaar en Johnny Holder, 'n werknemer van President Hyper.
Kos en komberse is hierdie jaar vir die Mug & Tree Gemeenskapsentrum ingesamel. Hier is die organiseerders van hierdie jaar se Centenerary Club se Goodwill Run met van die goedere wat oorhandig sal word. Agter van links is Evert en Engela Louw, Bollie en Herman Pienaar en Johnny Holder, ‘n werknemer van President Hyper.

Die Goodwill Run se Motorskou sal weer volgende jaar terug wees.

Vir meer foto’s besoek www.krugersdorpnews.co.za.

At Caxton, we employ humans to generate daily fresh news, not AI intervention. Happy reading!
You can read the full story on our App. Download it here.
Back to top button