CrimeNews

Video: Sivewright-moordverdagte vrygelaat: gemeenskap betoog

Ontstoke inwoners van Sivewrightstraat soek antwoorde na 'n moordverdagte vrygelaat is.

‘n Groep ontstoke betogers het Vrydag (6 Junie) na die kantoor van die Burgemeester van Mogale City gestap om ‘n memorandum met griewe te oorhandig.

Die memorandum weerspieël die gemeenskap se ontsteltenis omdat ‘n Nigeriese burger wat van moord op ‘n Suid-Afrikaner aangekla is, vrygelaat is.

Die news het Dindag (3 Junie) oor die moord berig wat toe reeds tot onderonsies tussen Nigeriërs en Suid-Afrikaners gelei het.

Joernaliste het met een van die betogers Ivan Swartz (27) gepraat wat reeds 12 jaar lank in Krugersdorp woon en ‘n vriend van die vermoorde slagoffer is. Hy skryf die moord toe aan swak polisiëring en korrupsie.

“Die polisie eet saam met die Nigerians. Hulle vat geld by hulle en doen nie hulle werk soos om ons en ons kinders teen hulle te beskerm nie.”

Hy verduidelik dat hulle protesaksie tot dusver nog vreedsaam is, maar dat dit kan verander as die protesgangers sien die polisie luister nie na hulle pleidooie om die gebied te beveilig nie.

“Ons is moeg vir die polisie en het al opgemerk dat hulle vol korrupsie is.”

Swartz sê die gemeenskap is woedend omdat die vermeende moordenaar vrygelaat is sonder dat hy in die hof verskyn het.

Oor die vraag of die vermoorde self dwelms gebruik het, sê hy dié man het oorleef deur in asblikke te krap.

Volgens Tshepiso Mashale, die Krugersdorp SAPD-woordvoerder is die Nigeriër vrygelaat omdat daar nie genoeg bewyse was om hom met die moord te verbind nie.

https://www.youtube.com/watch?v=VM7Wdlw65QU&feature=youtu.be

Back to top button