CrimeNewsUpdate

OPVOLG: Jong man se liggaam agter nagklub: Moorddossier geopen

Die oorsaak van Coetzee se dood was aanvanklik ‘n raaisel vir die gemeenskap, sy gesin en die polisie omdat daar geen uitwendige beserings was nie.

Tinus Coetzee (18) se familie soek antwoorde nadat sy liggaam Sondagoggend (1 Junie) in ‘n sloot in Burgershoop gevind is.

Coetzee se ma, Monica Jansen van Rensburg praat nog moeilik oor die oomlik toe sy die tyding gekry het.

“Die nuus dat die liggaam van ‘n jong man agter ‘n bekende nagklub in die area gevind is, het daardie oggend vinnig in die gemeenskap versprei,” vertel sy.

Sy sê dat sy nooit in haar wildste drome kon dink dat dit haar kind is nie. Net voor middagete was daar egter ‘n klop aan haar deur en minute later moes sy haar seun se liggaam gaan uitken.

Die oorsaak van Coetzee se dood was aanvanklik ‘n raaisel vir die gemeenskap, sy gesin en die polisie omdat daar geen uitwendige beserings was nie.

“Daar was talle onbeantwoorde vrae en gerugte dat my seun se dood aan ‘n oordosis dwelms toegeskryf kan word,” sê Jansen van Rensburg.

Sy noem dit moederlike instink dat sy vermoed het dat haar kind vermoor is.

Toe ‘n formele staatsdokument met die uitslae van die nadoodse ondersoek in haar hande gesit is, is haar vermoede bevestig.

Erge hoofbeserings, inwendige bloeding, gebreekte ribbes, ‘n geskeurde gorrel en rou keel word in die verslag genoem.

“My kind is aangerand, hy is vermoor, hy is wreed doodgemaak – dit is die woorde wat deur my kop gemaal het.”

Die nuwe verwikkelinge het daartoe gelei dat die Krugersdorpse polisie nou ‘n saak van moord ondersoek.

Volgens Krugersdorp SAPD-woorvoerder Tshepiso Mashale hanteer die speurafdeling die saak.

‘n Gedenkdiens word vandag (6 Junie) vir Coetzee gehou.

“Sy sin vir humor en pittige opmerkings is wat ek die meeste gaan mis. My kind se plek is leeg en ek sal vir ewig na hom verlang,” sê sy ma.

Man (18) dood gevind agter nagklub

3 Junie 12.01nm

Die liggaam van ‘n 18-jarige man is Sondagoggend 1 Junie agter ‘n bekende nagklub in Burgershoop gevind.

Volgens Krugersdorp Polisie-woordvoerder Tshepiso Mashale is polisiebeamptes omstreeks 10vm na die toneel ontbied nadat ‘n verbyganger op die liggaam afgekom het.

Mashale sê dit is op hierdie stadium van die ondersoek onwaarskynlik dat die man se dood aan misdaad verwant is, ten spyte van die gerugte dat die man se keel gesny is en dat hy dood geslaan is.

“Daar is geen steek of skietwonde aan die liggaam aangetref nie,” sê sy.

Sy sê dat die moontlikheid van misdaad steeds ondersoek sal word en dat ‘n nadoodse ondersoek die volgende stap is om die oorsaak van sy dood te bepaal.

Sy doen ‘n beroep op die gemeenskap om die Krugersdorpse Polisie by 011 951 1111 te skakel indien enigiemand meer inligting in verband met die saak het.

41 Comments

  1. 2nd murder!!!!!! Wouldn’t be surprised if its nigerian and drug related.what is happening to our once beautiful city??? It is being destroyed by murder, drugs,corrupt police and prostituton!!!! Citizens stand up together and let’s make this town a safe place for our kids again!!!

  2. Maak lime lite toe dit is die oorsaak van baie onskildage mense se dood!!

  3. Rus in vrede seun

    Jou glimlag sal altyd onthou word. mens se lewens pad is uitgekies sonder dat ons weet hoe en wanneer. ons bid dat die skuldiges vas getrek sal word. gebede gaan uit aan jou ma en pa en susters.
    JYS VEILIG IS GOD SE HUIS

    tot weer siens :-(

  4. Wat n tragedie kan mense dalk help fondse insamel vir di 18 jarige man se begrafnis asb sy ouers sal dit hoog op prys stel asb hulle het ni fondse on di man te begrawe ni groot asb Ons almal sal dit waardeer groot asb

  5. Die man se naam is Tinus Coetzee. Daar is n moord dossier oopgemaak vandag 3 junie

  6. Sowat n 1jr trug was ons alml veilig in die aande wat het so verkeerd geloop in krugersdorp dat dinge so verander het?Ons is selfs in maart 3keer aangeval en 1keer met vuurwpens.Dinge raak erg en lelik in on mooi geweste.Sterkte aan die ouers wat n seun onskuldig moes afstaan.

  7. Nigerians wat drugs smous daar by Lime lite , Die hele Krugersdorp is vol druggies en Nigerians , en die SAPS word duer hulle betaal om anner kant toe te kyk

  8. Was die gemors plek nie al voorheen in die pers oor goed wat daar gebeur nie?? Maak toe die plek!!Of is hulle nou weer buddies met die polisie en meeste dinge wat daar gebeur word net oorgesien?? @ MINEDE LARANJA – laat asb foon nommer vir ouers, ek sal graag ietsie wil bydra.

  9. Maak limelite toe dis ‘n plek waar gemors uithang!!!! Snaaks genoeg is daardie “kuierplek” vol dwelms en nogsteeds is die plek oop…Skokkend het seker weer connections met die polisie (lang terug as hulle by Obsessions ‘n drug bust gehad het was die plek vir n week of 2 toe) My hart gaan uit na “Tinus” se familie en vriende daar is so baie stories dat hy geoverdose het, en hy is vermoor deur +- 5 mense. Ek hoop die waarheid kom uit .RIP.

  10. Dit was my suster se seun. Sy naam is Tinus Coetzee. En ja hy is vermoor. Sy nek is gebreek, sy kakebeen is afgeslaan en sy ribbes is afgeslaan en het deur sy longe gesteek.

    Kontak my suster vir meer inligting. Monica Janse van Rensburg 0765111277

  11. @Martie Weyers – dankie vir die inligting; het reeds ‘n sms aan u suster gestuur om te probeer help. Sterkte aan die familie.

  12. Innige simpatie aan die familie van Tinus. As die polisie teen die drug-dealers sou optree, sou hulle nie meer hul eie dwelms verniet kry nie! As die local police ‘n dwelmtoets moes ondergaan, sou 78.6% van hulle geskors moes word.

  13. Die gerugte dat die seun se keel gesny is – is totaal en al veregaande!!!
    Ek sal graag wil weet of die eienaars vd club en di bouncers ook onder soek word want ek kan nie verstaan hoe niemand die volgende oggend niks weet nie, my meening is dat daar baie meer agter die moord vd kind is as wat op die tafels gele word!!!

  14. Mense asb, kry die spelling reg! Lime Lite is twee woorde! Kom nou! Julle wil kommentaar lewer maar kan nie eers die naam spel nie.

    Hoe n mens jou gedra by n nagklub (wat Lime Lite anyway nie is nie), het niks met die klub uit te waai nie, maar alles oor jou eie opvoeding. Almal wat Lime Lite se naam nou so rond gooi, bring julle bewyse dat Tinus Coetzee daai aand by die klub was. Vir die 10 Jaar wat ek/ons al by Lime Lite kuier, het ons nog nie een keer moeilikheid gehad nie! Die mense wat wel moeilikheid gekry het, wel julle het duidelik dan daarvoor gesoek. Indien my kind drugs gebruik, hoe kan ek nou vir Lime Lite beskuldig? Dis mos nou nie regverdig nie! D & C, julle het so gou julle comments gepost, dat julle skoon vergeet het om julle name te los, is wat julle dan hier geskryf het die waarheid?

    R.I.P Tinus Coetzee, en sterkte aan die familie.

  15. Mense asb, kry die spelling reg! Lime Lite is twee woorde! Kom nou! Julle wil kommentaar lewer maar kan nie eers die naam spel nie.

    Hoe n mens jou gedra by n nagklub (wat Lime Lite anyway nie is nie), het niks met die klub uit te waai nie, maar alles oor jou eie opvoeding. Almal wat Lime Lite se naam nou so rond gooi, bring julle bewyse dat Tinus Coetzee daai aand by die klub was. Vir die 10 Jaar wat ek/ons al by Lime Lite kuier, het ons nog nie een keer moeilikheid gehad nie! Die mense wat wel moeilikheid gekry het, wel julle het duidelik dan daarvoor gesoek. Indien my kind drugs gebruik, hoe kan ek nou vir Lime Lite beskuldig? Dis mos nou nie regverdig nie! D & C, julle het so gou julle comments gepost, dat julle skoon vergeet het om julle name te los, is wat julle dan hier geskryf het die waarheid?

    R.I.P Tinus Coetzee, en sterkte aan die familie.

  16. Mense asb, kry die spelling reg! Lime Lite is twee woorde! Kom nou! Julle wil kommentaar lewer maar kan nie eers die naam spel nie.

    Hoe n mens jou gedra by n nagklub (wat Lime Lite anyway nie is nie), het niks met die klub uit te waai nie, maar alles oor jou eie opvoeding. Almal wat Lime Lite se naam nou so rond gooi, bring julle bewyse dat Tinus Coetzee daai aand by die klub was. Vir die 10 Jaar wat ek/ons al by Lime Lite kuier, het ons nog nie een keer moeilikheid gehad nie! Die mense wat wel moeilikheid gekry het, wel julle het duidelik dan daarvoor gesoek. Indien my kind drugs gebruik, hoe kan ek nou vir Lime Lite beskuldig? Dis mos nou nie regverdig nie! D & C, julle het so gou julle comments gepost, dat julle skoon vergeet het om julle name te los, is wat julle dan hier geskryf het die waarheid?

    R.I.P Tinus Coetzee, en sterkte aan die familie.

  17. @Lime Lite Fan Club – jy het so gou jou OPMERKINGS (die regte Afrikaans vir “comments” siende jy nou op jou spelperdjie gespring het!) sommer drie keer gelewer dat jy OOK vergeet het om jou naam by te sit – dan beskuldig jy nou ander mense daarvan! Jy is seker een van die eienaars wat nou so eiegeregtig is. Daardie plek het ‘n vrot naam en enigeen met meer as 2 breinselle weet dit. Hou jou persoonlike aanmerkings maar vir jouself wat, hierdie is tragies en ons het nie jou tipe aanmerkings nodig nie. Maak nie saak of mense volgens JOU “wat moeilikheid gekry het, wel julle het duidelik daarvoor gesoek” – dit regverdig nie MOORD en veral nie die grusame wyse waarop hierdie persoon gesterf het nie.

  18. Soos wat ek verstaan was hy by die movies gewees & eka stem saam met @Lime Lite Fan Club, dit is hoe jy groot word as jy in ‘n “club” is & maak nie saak ni, die seun is AGTER Lime Lite gevind…*
    Mense kan lelik aantuigengs maak as hulle nie weet wat die stori is ni, ag nee ah mense ons moet saam staan & ni teen mekaar ni, waar is die tye wat BOERE & WIT mense by mekaar gestaan het, die swart mense staan meer bymekaar as ons ons elk kies ons eie pad & dit is wat jy daarvan maak!!!
    Rus sag Tinus & sterkte aan die familie … Mag God julle veilig hou & mag God net daar wees vir julle… Sterkte aan die vriende & mag God sy hande oor julle waak…

  19. Soos ek dit verstaan was hy by die movies gewees & opad huis toe het dit gebeur, & as julle kan lees AGTER LIME LITE, nee ek “hang” ni daar uit ni, ek is van Roodepoort gaan in Krugersdorp skool, so ja ek het reg gehoor.

    Sterkte aan die familie mag God sy hande oor julle sit & seen, & krag gee om deur die moilike tyd te kom, & aan die vriende mag God julle veilig hou in die moeilike tyd
    Ah nee ah mense ons is veronderstel om saam te staan ni teen mekaar ni, ons in BOERE & wit regtig die swart mense staan meer bymekaar & al wanner wit bymekaar staan is as daar ‘n trou,begrafnis of iets is regtig waar mense sluk julle trots & staan bymekAar want ons gaan verloor, almal kla oor die land wat sy g*t sien maar niemand van ons wit mense((myself included)) staan saam ni & dit is verkeerd!
    Rus sag Tinus & j is nou in ‘n beter plekkie((al het ek ju ni geken ni))

  20. Lime lite is die plek waar jy in gaan en dan kyk jy nie ees rond nie anders wort jy van agter af geslaan mensi ons moet saam staan en laat dai plek toe gemaak wort hy is vol drugs en die polic ry da in en uit hul kom nie ees ini plek nie hul moet daar gan kyk hoeveel gebryk drugs terwyl hul daar is sit almal!! Rip …

  21. Hi almal mense wat wil help met Tinus se begrafnis kan di nommer skakel 074 303 1318 asb en baie danki vir mense met goeie harte God seen julle!!

  22. @me/meh – jy kan nie eers jou naam spel nie nou wil jy kom vertel wat ons moet dink of nie. Jy moet dalk minder by tang plekke soos die uithang en meer tyd agter die skoolboeke spandeer dan sal jou spelling en taalgebruik dalk verbeter – praat van OPVOEDING!! Op die man se lyk voor, agter, langs of binne-in gekry is die feit is daar hang gemors rond wat mense grusaam vermoor dan wil jy en Lime Lite Fan Club nou maak of moord maar okay is – want volgens julle as iemand moeiliheid soek dan kry hy dit. Julle moet julle koppe laat lees!

  23. @skande…as daar n lyk langs/agter jou huis gevind word is dit sekerlik jou skuld gewees of hoe? sekerlik kan ek dan se jou huis is n drug nes of so ne? julle is maar baie vining om te oordeel…..nee jy verstaan verkeert mense se nie moord is okay nie hulle se moenie Lime Lite beskuldig nie……wees meer realisties en los die oordeel maar vir God want jys nie goed daarmee nie.:)

  24. @skande….as daar n lyk langs/agter jou huis gevind word is dit dan sekerlik jou skuld of hoe? so ek kan maar se jou huis is n drug nes ne?…..jy verstaan verkeert hulle het nerens gese moord is okay nie hulle se net moenie Lime Lite beskuldig nie….hy is nie IN Lime Lite gevind nie….julle is maar bitter vining om te oordeel wees bietjie meer realisties en hoekom Lime Lite toe maak as dit vir party voordelig is? en ek weet nie waar julle lewe nie maar hier waar ek lewe noem ons dit Realiteit en ja daar gebeur slegte goed …en hierso is n voorstel….los die oordeel vir God Hy is baie beter daarmee as jy:) MARLIZE

  25. @Marelize – gaan terug skool toe. Jy moet beslis leer om dinge in KONTEKS te lees en verstaan. Vir wie is Lime Lite nou juis voordelig? Die eienaars en verdowingsmiddel verkopers, JA! Julle moet leer om by jul eie huise pret te hê – o maar nee dan sien jul ouers dalk wat julle alles doen ne! Jy praat van oordeel maar dan doen JY dit. Ag toe poplap, raak besig met iets konstruktiefs soos bv LEER SPEL! Big John, gaan terug skool toe ou maat, swak spelling wys jou inteligensie.

  26. Weet wat julle is reg om lime lite die skuld te gee as julle rerig weet wat die feite is stel ek voor julle hou julle monde Tinus was nie by lime lite nie niemand sal wet waar heen hy oppad was of waar hy was nie mar weet presies wie gemors is wie my vriend/boeta so afgryslik vermoor het hulle sal vrot tronk so los lime lite uit

  27. @skande dis MARLIZE …..nie marelize nie…..jou ouers het duidelik het geld gemors op jou by die skool is jy die juf? ek nerens gesien daar staan SPEL klas nie of wag het ek verkeert gelees….gaan jy seker se ek het lees probleme ook wat jy nog moet leer het ek lankal al vergeet….oh ja ek kan verseker sien my lewe het meer pret as joune heeldag sit en n lot nonsense praat ….jys seker een van daai vrouens wat heeldag by die huis sit en deur die venster loer om te kyk wat doen die bure sodat jy gou die dorp kan vertel…..weet jy ooit wat beteken konstruktiefs? oh en verseker weet my ouers wat ek doen hahaha maar eks mooi groot ….

  28. Weet wat julle dis nie reg om lime lite die skuld te gee as julle nie rerig weet wat die feite is nie stel ek voor julle hou julle monde Tinus was nie by lime lite nie niemand sal wet waar heen hy oppad was of waar hy was nie mar weet presies wie gemors is wie my vriend/boeta so afgryslik vermoor het hulle sal vrot tronk so los lime lite uit

  29. My eerlike opinie is om nie hier te beklei nie comments is nie daar om soo aan te gaan asof julle nog in skool is nie reig asb hou op beklei en dink eerder aan tinus wat nou op n veilige plekkie by ons pappa vader is asb julle en asb tinus is nie by lime lite dood gemaak nie so inligting sal gestuur word van di poliesie en sal presies vir jo al die details gee dankie vir julle tyd …… R.I.P ou tinus jesus het ♡☆Jou☆♡ baie nodig gehaat hy het sy mooiste blommetjie kom pluk !!…

  30. Ek het baie respek vi di sap lede,is nt jammer van hulle Is op die verkeerde plek op die verkeerde tye. Trek onskuldige mense af en skud hule vir drugs wat nie eers drugs gebruik ni. Ek respekteer die feit dat hulle wel doen,maar daar is perke. Van die sap lede het mense vir drugs gebruik wat vir hulle werk om drugpunte uit te wys. Dis goed en ek verstaan. Maar wat ek nie verstaan nie dat jy nooit hoor wat van die moorsake word nie.

  31. Of jy kan spel of nie,of hy daar was of nie,hy is nie meer hier nie.Dis n suiphool,en as hy da gekry is,is dit dalk iemand wat daar uit gekom het,maak die plek toe,daar is klaar so baie dwelms beskikbaar aan kids,hy was tog nog n kind,hy was net oud genoeg om te kon drink,en het net daar veby geloop,wie ookal jy of julle is,slaap sag,jou dag kom nog

  32. En nog n ding,as die skoen aan julle voete was,sou julle song heel anders gewees het,hou op met julle pitty crap,kry n geleerdheid,en hou op om hierdie plekke te verdedig,n lewe is kosbaar,en niemand kan daai kind se plek vat nie,so of kry n lewe,of gaan suip die res van julle breinselle weg,

  33. I find this story rather odd: how can the policewoman initially claim that this young man’s death was ‘not crime-related’ and that there were ‘no apparent injuries’. Surely when a young man’s throat is torn out, his head is bashed in and he suffered severe internal injuries due to a beating which also broke his ribs, there had to be very obvious external injuries. I wonder why the police would issue such an obviously untrue statement unless they wanted to keep their police station’s ‘murder’ statistics down? Has Coetzee’s murder now been listed as a murder or do the SAPS statistics for Krugersdorp now reflect that his death was ‘not crime related?” I am just wondering about the methods used to record such crimes when the initial report so clearly was very inaccurate. Do they then record a ‘murder’ or do they conveniently leave it off the crime records altogether?

  34. @niekie wet wat dis nie die plek se skuld nie en dit was ook nie drugs nie so hou eerder jou bek en kom bui hyt sy lewe verloor deur mense wat nie n lewe het nie so jy wet nie wat daar angan nie en jy weet nie waarvan jy praat nie so rather hu jw comments vir jou self!!

  35. Thank you to the editor for removing comments containing swearwords and crude language. One can state one’s opinion without using the kind of barbaric language some “people” (sic) have used here!

  36. Ek as ouer van Tinus wil net n paar feite regstel. Daar is fliekkaartjies by sy liggaam gevind van die 31 mei om 11:30 die oggend se fliek. Daar is beedigde verklarings dat hy we’ll in lime lyte was. Maar dis nie die plek of Wilma se skuld nie, sy vra nie mediese sertifikate om te se haar klante is nie mal nie. Ek neem we’ll die vrou en ma van die moordenaars kwalik want dis n pa en twee seuns wat verandwoordelik is. En sy as vrou moet dit tog weet.

  37. Asseblief HELP ons. Ons kry geen getuies oor wat met Tinus Coetzee daardie aand gebeur het nie. As jy enige iets weet gaan bel asb vir Joe. 081 000 8610 of los net jou comentaar ons sal dit lees al is dit kleinste leidraadjie sal dit verseker help HELP ASSEBLIEF om vrae wat net n geliefde kan he op te los word Asseblief Dankie

  38. Asseblief help ons is opsoek na enige inligting oor Tinus Coetzee se moord die 31 mei of 1 junie Enige hulp sal waardeur word Hulle het hom agter lime lite by die sloot gekry inbox my asseblief of skakel Joe 081 000 8610

  39. R 5000 REWARD vir suksesevolle aristasie en skuldig bevinding van TINUS COETZEE se moordenaar kontak besonderhede op onderstaande berig

Back to top button