Local newsNewsSchool sportSport

Perdrymeisie gallop tot bo

Amore presteer nie net in perdry nie, maar ook op skoolvlak.

Magaliesburg se perdrymeisie Amore Marais het 2013 op ‘n baie hoë noot afgesluit.

Vra jy haar oor haar prestasies, sê sy onomwonde, “My afrigter Heinz Viet, my ouers en veral die genade van Jesus het my gebring tot waar ek is”.

Sy betree nou ‘n nuwe fase in haar lewe waar sy haar hoërskoolloopbaan by Hoërskool Noordheuwel hierdie jaar begin.

‘n Paar van Amore se 2013 hoogtepunte sluit in:

• sy gekompeteer in Elementary-Medium Dressage en presteer uitsonderlik goed.

• sy wen die Pony Rider Dressage Derby

• sy wen die SAEF Nasionale landswye dresseer kompetisie

• gedurende Oktober 2013 neem sy deel aan die FEI World Dressage Competition, waar sy twee eerste plekke en ‘n derde plek behaal

• sy doen baie goed in Show Jumping en het van 0,80m tot 1m opgegradeer

In Showing het sy net so goed presteer. In die Sanesa Skole kompetisie het sy ‘n trofee ontvang vir die top ruiter in die top 10 laerskoolruiters in Gauteng-Wes.

Sy is ook gekies vir die Gauteng-Wes A-span, daarna ook vir die Gauteng A-span. By die Sanesa Nasionale Kampioenskappe (SA’s) het sy vier gouemedaljes verower.

Amore presteer nie net in perdry nie, maar ook op skoolvlak. Sy het haar laerskoolloopbaan by Laerskool Protearif in 2013 afgesluit. By die jaarlikse prysuitdeling ontvang sy ses trofeë vir beste persentasie in ses verskillende vakke, asook die trofee vir die leerling met die hoogste akademiese gemiddeld in Graad 7. Sy ontvang hierdie trofee al die afgelope vier jaar.

Back to top button