Local newsNews

VIDEO: Monument Dam lanklaas só vol

Die Suid-Afrikaanse Weerdiens sê nog reën is op pad.

Gerugte dat die Monument Dam in Krugersdorp se damwal gebreek het, is onwaar.

Met die NUUS se besoek aan die dam vanoggend 31 Januarie is dit duidelik dat die damwal nog behoue is nadat swaar reën oor die area uitgesak het.

Talle nuuskieriges is na die dam toe om foto’s te neem en self te sien of die damwal meegegee het. Selfs die eendbewoners het nie die natuurverskynsel verstaan nie en rondom die dam gesit.

Selfs die eendbewoners het nie die natuurverskynsel verstaan nie en het langs die dam gesit.
Selfs die eendbewoners het nie die natuurverskynsel verstaan nie en het langs die dam gesit.

Johan du Plessis van Mindalore wat by President Hyper in Krugersdorp werk, het ook na die oorvol dam gaan kyk en sê dat dit chaoties was om by die werk uit te kom.

“Gewoonlik neem dit my tien minute om by die werk te kom, maar dit het my sowat ‘n uur geneem. Paardekraalweg langs Key West Winkelsentrum was teen 9vm nog heeltemal oorspoel.”

Hy sê die dam se vlak het intussen met ‘n halwe meter gesak.

Oor die gerugte dat die damwal gebreek het, sê hy dat dit nie sommer gou sal gebeur nie.

“Dié damwal is sterk en dit lyk nie vir my of hy sommer gou sal ingee nie.”

'n Man het sy sambreel oopgeslaan om die reën te keer toe hy na die Monument Dam gaan kyk het.
‘n Man het sy sambreel oopgeslaan om die reën te keer toe hy na die Monument Dam gaan kyk het.

Speur adjudant-offisier Marius Venter het na sy gim-sessie by die gimnasium in die Key West Winkelsentrum ook gaan kyk waar die dam se watervlak lê.

“In al die jare wat ek in Krugersdorp woon het ek die dam nog nooit so vol gesien nie.”

Hy sê die reën het so teen 3vm in Krugersdorp begin val, want dis toe hy klaar gewerk het.

“Toe ek later gim toe is, was die paaie so oorspoel dat dit my gedwing het om om te draai en later terug te gaan.”

Die Suid-Afrikaanse Weerdiens voorspel dat daar verdere reënneerslae oor die naweek sal wees.

Monument Dam vol tot kapasiteit

https://www.youtube.com/watch?v=xduPXZgLHSI&feature=youtu.be

Back to top button