Local newsNews

Bewolk, met ‘n kans van tennisballe

Is daar 'n moontlikheid dat dit net die stilte voor nog 'n storm is?

Gebreekte vensters, dakteëls en beskadigde motors was die gevolg van gistermiddag 28 November se haelstorm wat wydverspreid in Gauteng voorgekom het.

Kenmare en Noordheuwel was glo die gebiede in Krugersdorp wat die ergste getref is terwyl onrus in Kagiso uitgebreek het nadat plakkershutte verwoes is.

Sosiale media soos twitter en facebook was aan die brand soos inwoners hulle ervarings gedeel het.

Nadat die storm bedaar het en inwoners hulle skade bereken het, het tornado-tipe winde begin waai.

Talle is dakloos gelaat.

Strate lê vanoggend besaai met boomtakke, blare en inligtingsborde wat om- of afgewaai het.

Die Suid-Afrikaanse Weerdiens het waarskuwings uitgereik vir nog swaar reën en donderstorms. Inwoners word versoek om paraat te wees en hul diere en besittings te beveilig.

Alhoewel almal verlig is dat die ergste vir eers verby is, is daar ‘n moontlikheid dat dit net die stilte voor nog ‘n storm is.

Back to top button