Local newsNews

Watermeter lek al amper ‘n maand lank

Inwoner voel die munisipaliteit lewer geen diens nie.

‘n Watermeter wat al vir meer as vier weke lank in Eekhoringstraat in Rant-en-Dal lek laat ‘n inwoner wonder.

Anton Ferero sê hy het Mogale City Plaaslike Munisipaliteit al oor die situasie gekontak en dan word daar vir hom gesê dat iemand na die probleem sal kom kyk, maar dit het nog nie gebeur nie.

“Die oomblik toe ek sien die watermeter lek, is die oomblik waarop ek die munisipaliteit daarvan verwittig het.”

Hy sê nadat hy die munisipaliteit gekontak het, was hy vir ‘n rukkie met vakansie. Toe hy terugkeer was hy teleurgesteld dat dit nog nie reggemaak is nie.

“Watter diens is dit? Daar is glad nie diens nie!”

Ferero sê hy wil hê die munisipaliteit moet die lek herstel omdat hy onseker is of die lek aan sy kant is.

“As dit aan my kant is, beteken dit dat ek vir die water moet betaal, al het ek dit van die staanspoor af gerapporteer.”

Die NUUS het die munisipaliteit oor dié waterlek in kennis gestel.

Back to top button