Local sportSport

Gimnaste verwerf Sentraal-Gauteng kleure

Al 53 gimnaste van die Impala Gimnastiekklub wat aan die Sentraal-Gauteng Artistiese Gimnastiek-kompetisie deelgeneem het het hulle kleure verwerf.

Impala Gimnastiekklub borrel behoorlik van trots nadat hulle gimnaste hulle Sentraal-Gauteng kleure verwerf het.

Dié gimnastiekklub het tussen 2 en 3 Augustus aan die Sentraal-Gauteng Artistiese Gimnastiek-kompetisie in Kempton Park met 25 klubs van regoor die provinsie meegeding. Al word dit as ‘n baie strawwe kompetisie beskou, het al 53 gimnaste van Impala wat deelgeneem het, daarin geslaag om hulle Sentraal-Gauteng kleure te verwerf.

Die Sentraal-Gauteng Trampolienspan is ook onlangs aangekondig en al Impala Gimnastiekklub se minitrampolien- sowel as die Black Top-gimnaste is in die span opgeneem.

Elf van die gimnastiekklub se gimnaste het onder die eerste drie in hulle onderskeie kategorieë geëindig en gaan van 30 tot 31 Augustus aan die Zone Mini Suid-Afrikaanse kampioenskap deelneem en Impala Gimnastiekkub se naam hoog hou.

Daar gaan hulle teen gimnaste van verskeie provinsies soos die Noord-Kaap, Vrystaat en KwaZulu-Natal deelneem om te bepaal wie vir die span gekies gaan word wat in September aan die Suid-Afrikaanse kampioenskappe gaan deelneem.

Back to top button