School sportSport

Twee van Jeugland se jukskeispanne mik na Direkteurstrofee

Die seunspan is reeds deur na die Direkteurstrofee.

Twee jukskeispanne van Hoërskool Jeugland is steeds in die wedloop om die Direkteurstrofee te verower.

Die o-19 seuns- en meisiespanne het in die Ekurhuleni-liga meegeding waar die meisies net-net tweede was, maar hulle staan steeds die kans om na die Direkteurstrofee deur te dring.

Die seuns het die liga gewen en is deur na die Direkteurstrofee.

Die o-19 meisie-jukskeispan van Jeugland was tweede in die Ekurhuleni-liga. Voor: Rejane du Plessis en Dr David Morris (hoof). Agter: Elloise Robbertze en Ashley Brummer. Afwesig: Nadia Fourie.

Back to top button