School sportSport

Riebies wen netballiga na ‘n paar taai jare

“Ek is baie lief vir hierdie meisies en wens hulle net sukses toe,” sê hul afrigter.

Laerskool Van Riebeeckpark se eerste netbalspan het na drie taai seisoene saam hul liga gewen.

Afrigter Julie Ruthven sê: “Harde werk word beloon. Ek is trots om te kan sê dat elke meisie haar doelwit by die Riebies kon bereik en dit is om verder te gaan speel by die Gautengkampioenskappe. Dit is vir my belangrik dat die meisies nie net vaardighede aanleer nie, maar ook spanwerk, sportmanskap en ’n liefde vir sport kan kweek.

“Dit is my wens dat elke meisie haar volle potensiaal op hoërskool sal bereik en dat hul drome en doelwitte sal waar word. 2019 was vir ons ’n groot jaar en ons het baie geleer.

“Ek is baie lief vir hierdie meisies en wens hulle net sukses toe.”

Laerskool Edleen, wat as naaswenners uit die stryd getree het, het ook aan die Gautengkampioenskappe deelgeneem.

Back to top button