School sportSport

Drie Jeugland-rugbyspanne spanne wen PUK-reeks

Die eerste span het vir die derde en vierde plek teen Hoërskool Middelburg uitgespeel.

Hoërskool Jeugland se rugbyspanne was onder die top agt uit 16 skole wat vanjaar aan die NWU Puk-reeks deelgeneem het.

Daarbenewens het drie van die 10 spanne die trofee gewen.

Die o-14B span het met 19 elk gelykop teen Hoërskool Montana gespeel en deel die trofee. Die twee spanne het geen genade op die veld gewys nie. Die telling was tot die einde na aanmekaar. Montana kon pale toe skop om die beker te deel.

Die derde span het teen Hoërskool Noordheuwel te staan gekom en met 27-22 van die veld gestap. Dit was ’n eindstryd wat eerste spanne sou laat regop sit.

Die Jeugies het vroeg hul stempel op die manne van Krugersdorp afgedwing. Met ’n paar hanteringsfoute het Jeugland vir Noordheuwel in die wedstryd gehou, maar die Jeugies was net te sterk.

Die tweede span het in die finaal ook teen Noordheuwel te staan gekom en naelskraap met 26-24 gewen. Met beide spanne wat onoorwonne in die reeks was, het ’n harde stryd voorgelê. Noordheuwel het vinnig weggespring en binne 10 minute met 14-0 voorgeloop.

Jeugland het kop gehou en nooit gaan lê nie. Hulle het begin momentum optel en daarna was daar geen keer aan hulle nie.

Die eerste span het vir die derde en vierde plek teen Hoërskool Middelburg uitgespeel, waar die Jeugies in die doodsnikke met 26-19 die knie moes buig.

Jeugland se derde span het met Noordheuwel afgereken om die beker te wen. Voor: Dillan Olivier en Hanco Taute. Middel: Ruan Botha, Theo du Plooy, Rikus van der Westhuizen, Jaco du Plooy, CJ Claris, Duncan Cronje, Jayden Zeelie, Dirk Koetzee en Leon Snyman (afrigter). Agter: Piet van Reeder van Oudtshoorn (afrigter), Rudi de Wet, Adriaan Burger, Linder van Staden, Stefan le Grange, Albert Matibela, Gerhard Botha, Attie Rautenbagh, Juan-Ray Beukes, JJ de Klerk, Markus Kruger, Brandan Schubagh, Jandré Pretorius, Gavin Schubagh, Quintin Haddingnot, Shane Nelson, Ruan Pieterse, Bjorn Shaffner, Arnu Heine, Johan Nel, Paul Allers en Brandon Smit.

 

Die tweede span wat as PUK-wenners gekroon is. Voor: Duvan Lewis. Middel: Johan Nel, Arno Heine, Donovan Estherhuizen, Duncan Cronje, Nathan Bekker, Danielle Phaffer en Eben van der Schyff. Agter: Divan de Lange, Bjorn Shaffner, Willie van Wyk, André Williams, Franco du Toit, Neels Poley (afrigter), Ruhan Schwartz, Hanco Taute, Shandor Radnai, André Smit, Quintin Haddingnot, Brandon Smit, Louis de Beer, Duvan Pretorius en JJ Posthumus.

 

 

 

 

 

 

 

Back to top button