Vier Jeuglanders neem aan SA’s deel

Die kampioenskappe het tydens die vakansie plaasgevind.

Vier Jeuglandatlete het die vakansie aan verskeie Suid-Afrikaanse kampioenskappe deelgeneem.

Jessica Swart, Chandi Mulder en Diwan Britz het aan die Suid-Afrikaanse klubkampioenskappe in die Kaap deelgeneem.

Jessica was sewende in die driesprong o-17 met ’n afstand van 10.51m. Chandi was sesde in die spiesgooi o-17 met ’n afstand van 39.33m.

Diwan het in die verspring o-19 vyfde gekom met ’n afstand van 7.04m.

Heinie Flooks het in Port Elizabeth aan die Suid-Afrikaanse skolekampioenskappe deelgeneem waar hy sy uitdunne gewen het in die 110m hekkies o-17. Heinie was vierde in die finaal.

Exit mobile version