School sportSport
Leeus se breier kuier by Jeugies
Die eerste span vertrek op 14 Maart op ’n toer na die Kaap.
![](https://images.caxton.co.za/wp-content/uploads/sites/30/2019/03/Swysdebruin_62663.jpg)
“Rol jou moue op en sit effort in.”
Dit was die boodskap van die Leeus se breier en Springbok-hulpafrigter Swys de Bruin aan Hoërskool Jeugland se eerste rugbyspan.
Hy het op die vooraand van die NWU Prestige-reeks, waartydens die Jeugies sy eerstespan aangekondig het, met die seuns gesels.
De Bruin het die span sterkte toegewens vir die seisoen.
Die Jeugies het hul eerste wedstryd op 9 Maart teen Hoërskool Montana van Pretoria gespeel. Dit was ’n aanskoulike wedstryd waar beide spanne nie vir mekaar teruggestaan het nie.
Die Jeugies het vasgebyt en Montana met 31-24 geklop.
Hulle volgende wedstryd is vandag (13 Maart) teen Potch Gimmies, waarna hulle op 14 Maart op hul toer na die Kaap vertrek.