Die witspan (1 433) het Hoërskool Kempton Park se jaarlikse interhuis-atletiekbyeenkoms op 15 Januarie gewen.
Tweede was die geelspan (1 235) en derde die blouspan (962).
Die volgende atlete het top prestasies gelewer:
Seuns:
Junior baanatleet: Zander van der Lith, 749 Absa-punte.
Junior veldatleet: Sarel Erasmus, 868 Absa-punte.
Senior baanatleet: Julius Dercksen, 863 Absa-punte.
Senior veldatleet: Juan Claassen, 923 Absa-punte.
Meisies:
Junior baanatleet: Chane Munroe, 834 Absa-punte.
Junior veldatleet: Danika Greeff, 905 Absa-punte.
Senior baanatleet: El-Marie van Greunen, 779 Absa-punte.
Senior veldatleet: Christelle Grobler, 1 010 Absa-punte.
Beste prestasie oor vier baan- en drie velditems: ysterman Julius Dercksen, ystervrou El-Marie Van Greunen.
Beste prestasie oor twee items:
Junior Victor Ludorum: Sarel Erasmus, 1 712 Absa-punte.
Junior Victrix Ludorum: Courtney Heymans, 1 653 Absa-punte.
Senior Victor Ludorum: Julius Dercksen, 1 636 Absa-punte.
Senior Victrix Ludorum: Christelle Grobler, 1 857 Absa-punte
Bergfiets:
Hazeldean (Pretoria) oor 20 en 40km: Ross Pereira eerste seuns o-15, Rewan Oosthuizen derde seuns o-15, André van der Walt tweede seuns o-16, Ruanne Verweerd derde seuns o-16, Jayden Smith algeheel vyfde in 40km.
Eerste Cross Country Gauteng by Voortrekkermonument: Frederik Booysen derde seuns o-17.
Krieket:
Die eerste span het na ses wedstryde by die Woerrie-week onoorwonne uit die stryd getree.
Die o-15A toerspan na Brits het vier wedstryde gespeel, waarvan hulle twee gewen en twee verloor het.
Finsburry-liga:
o-15A klop Noordheuwel met 7 paaltjies. Noordheuwel 107/10. Kempies 110/3. Jeandre Byleweld 64, Ivahn van der Merwe 9.
Eerste span klop Noordheuwel met 159 lopies: Kempies 312/8. Noordheuwel 153/9.
Keegan Hopkins 65, Ethan Gower 56, Zander Smith 48, Nathan Grobler 46 en 3/26, Christiaan Conradie 45, Justin Bennett 1/12, Guillaume van Niekerk 2/15.