Vanjaar was die tweede agtereenvolgende jaar wat Laerskool Edleen as die nommer een hokkieskool in Kempton Park gekroon is.
Drie van die skool se spanne, o-10, o-12 en o-13, het die Kempton Parkse liga gewen. Die o-11 span was derde. Die o-12 en o-13 spanne het aan die Oos-Gautengkampioenskappe deelgeneem, waar 12 van die beste hokkieskole in Oos-Gauteng meegeding het.
Albei Laerskool Edleen se spanne het as naaswenners uit die stryd getree en silwermedaljes verower.