School sportSport

Laerskool Edleen is nommer een hokkieskool

Twee spanne is naaswenners in Oos-Gauteng.

Vanjaar was die tweede agtereenvolgende jaar wat Laerskool Edleen as die nommer een hokkieskool in Kempton Park gekroon is.

Drie van die skool se spanne, o-10, o-12 en o-13, het die Kempton Parkse liga gewen. Die o-11 span was derde. Die o-12 en o-13 spanne het aan die Oos-Gautengkampioenskappe deelgeneem, waar 12 van die beste hokkieskole in Oos-Gauteng meegeding het.

Albei Laerskool Edleen se spanne het as naaswenners uit die stryd getree en silwermedaljes verower.

Laerskool Edleen se o-12 hokkiespan. Voor: Nicole Jordaan (afrigter), Chandre van der Walt, Kara de la Port, Linke Terblanche (kaptein), Xandre du Preez, Joelize Bekker (onderkaptein), Daniella de Gouveia, Shanae van der Merwe en Marinda Geldenhuys (afrigter). Agter: Melissa van Greunen, Petronella Mojela, Bianca Potgieter, Sune Greeff, Rachel Serfontein, Asiphe Mkhize en Kayla Mc Killop. Foto: O’Neills Photographers

 

Back to top button