Hoërskool Kempton Park se krieketspanne het die afgelope week met al hul teenstanders afgereken.
Die eerste span het Oosterlig met 199 lopies geklop.
Kempies het 313/10 aangeteken, met Zander Smit wat 102 gemoker het. Oosterlig is daarna vir 114 uitgeboul.
Justin Bennett het in 9.5 beurte 5/13 gevat.
Die o-15A span het met beide Oosterlig en Jeugland afgereken. Teen Oosterlig het Kempton 385/3 aangeteken, wat honderdtalle deur Christiaan Conradie (141) en Nico Pieters (142) ingesluit het. Oosterlig was vir 60 terug in die pawiljoen om Kempton ‘n 325-lopie oorwinning te besorg.
Die span het Jeugland met 101 lopies geklop. Kempies het 225/2 behaal met Ruan Janse van Rensburg wat 146 geslaan het. Jeugland kon slegs 104/7 aanteken. Die tweede span het Randburg met 10 lopies gewen.
Landloop Noordvaalkampioenskappe: junior meisies agtste, junior seuns sewende, senior meisies agtste en senior seuns negende. Die meisies en seuns was albei algeheel agtste.
Rugby 7’s Valke-toernooi: o-15 wen Voortrekker 45-0, Stoffberg 49-7, Hans Moore 48-0, Jeugland 31-0 en Hugenote 33-0. Kempies verloor teen Dr EG Jansen 0-14.
o-17 wen Voortrekker 21-0, Stoffberg 45-5, Hans Moore 33-5, Jeugland 47-0 en Hugenote 19-15. Kempies verloor teen Dr EG Jansen 12-28.
Albei spanne het derde gekom.
Fietsry: Drie bergfietsryers het Saterdag aan die Garmin Classic naby Irene deelgeneem: meisies o-14 Jaydin Gerber tweede, seuns o-14 AJ Smith sesde en seuns o-16 Jayden Smith vyfde. Jayden was ook algeheel agtste uit die 538 fietsryers wat deelgeneem het.
Hokkie binnemuurs: o-14 wen Boksburg High 3-1, o-16 verloor teen Heidelberg 1-2 en o-18 wen Norkem Park 7-3.
Netbal Fast 5-liga: o-14 wen Hugenote 22-11 en Stoffberg 36-3; o-15 wen Nigel 31-4; o-18 span 1 wen Die Anker 23-10, Stoffberg 27-12, John Vorster 34-5 en Hugenote 26-14; o-18 span 2 wen Hugenote 33-1, John Vorster 30-19, Stoffberg 30-4 en Die Anker 25-6.
Muurbal: Kempies 1 wen Shangri-La 1 9-6, Kempies 5 verloor teen Springs Boys 1 0-12; Kempies 2 wen Kempies 4 12-2; Kempies 4 verloor teen Shangri La 2 5-12, Kempies 3 wen Kempies 2 9-8.