School sportSport

Jeugland se o-16’s wen silwermedalje in Virsekerbeker

Die finaal was ’n aanskoulike wedstryd wat baie hardlooprugby opgelewer het.

Hoërskool Jeugland se o-16A rugbyspan kan hul koppe met trots hoog hou nadat hulle Saterdag naelskraap in die eindstryd om die Virsekerbeker verloor het.

Die Jeugies het teen Hoërskool Hugenote te staan gekom en in die laaste vyf minute met 26-31 verloor om as silwermedaljewenners gekroon te word.

In die semi-finaal het hulle met 21-17 met Hoërskool Middelburg afgereken.

Die finaal was ’n aanskoulike wedstryd wat baie hardlooprugby opgelewer het. Beide spanne se toeskouers was deurgaans op die punte van hul stoele.

Met die telling op 26-24 in die Jeugies se guns en slegs vyf minute oor, het Hugenote met ’n rolmaalbeweging ’n drie gaan druk en verdoel.

Die Jeugies het die laaste drie minute verwoed terugbaklei, maar ’n hanteerfout vyf meter van Hugenote se doellyn het hulle die wedstryd gekos toe die eindfluitjie daarna geblaas het om die einde van die kragmeting aan te dui.

 

You can read the full story on our App. Download it here.
Back to top button