School sportSport

Kempies reken af met Jeugland op die krieketveld

Hier is al Kempies se uitslae van die afgelope week

Hoërskool Kempton Park se o-15A en eerste krieketspanne het die afgelope week met Hoërskool Jeugland afgereken.

Kempton se o-15A het met 76 lopies gewen en die eerstes met 179 lopies.

Die o-15’s het 174/10 aangeteken waarna Jeugland vir 98 uitgeboul is.

Nadat Kempies se eerstes 268/10 gemoker het, was Jeugland vir 89 uitgehaal.

Gimnastiek (trampolien): Tydens die Oos-Gautengkampioenskappe het Rikus Botha en Nadine du Randt albei derde plekke in dubbel-mini verower, Nadine was ook derde in Euro-trampolien.

Danica du Toit was tweede in dubbels en Euro-trompolien.

Rikus en Nadine is vir Oos-Gauteng gekies om aan die Gautengkampioenskappe deel te neem.

Artistiese gimnastiek (Oos-Gautengkampioenskappe): Vlak 4: Donné verower ’n silwermedalje op balk en bronsmedalje op brug en is algeheel derde.

Amoney le Roux verower ’n bronsmedalje op brug en is algeheel vierde. Albei Kempies is vir Oos-Gauteng gekies om aan die Gautengkampioenskappe deel te neem.

Ritmiese gimnastiek (byeenkoms in Centurion): Mcayla Steyn Vlak 4 algeheel eerste, Talita Nieuwoudt Vlak 4 algeheel tweede en Talitha Broodryk Vlak 5 algeheel derde.

Muurbal: Kempies 1 wen Shangri-La 1 11-6, Kempies 2 wen Shangri-La 2 9-5, Kempies 3 verloor teen Shangri-La 2 5-12.

Chanré Lindeque was derde in die meisies o-19 by die SA Ope muurbaltoernooi.

Netbal: Fast 5-liga: o-14 verloor teen Alberton 15-18, wen Hans Moore 20-5, wen Marais Viljoen 20-19; o-15 wen John Vorster 28-14, wen Hans Moore 31-4, wen Marais Viljoen 20-14; o-18 wen Dr EG Jansen 25-11, wen Oosterlig 20-12, wen Marais Viljoen 30-24; o-18 span 2 wen Dr EG Jansen 13-11, wen Oosterlig 19-16, wen Marais Viljoen 17-12.

Binnemuurse hokkieliga: o-14 wen St Dominic’s 6-3 en Heidelberg 2-1; o-16 wen Norkem Park 2-1 en Heidelberg 1-0.

Rifle-kampioenskappe: Otto Heine is tydens die Gauteng-Suidkampioenskappe vir die SA juniorspan gekies.

Landloopliga 4 vs Sir Pierre van Ryneveld: junior meisies, jnior seuns en senior meisies almal eerste, senior seuns vierde. Kempies algeheel eerste.

Een-en-twintig Kempies is vir die D17-span gekies.

Fietsry derde been van die bergfietsliga: meer as 25 skole se spanne het meegeding. Die volgende Kempies het die top 35 posisies in hul onderskeie ouderdomsgroepe behaal: meisies o-14 Anri Odendaal 18de; meisies o-15 Ilsé-Marie Odendaal 15de en Shané van der Sandt 16de; seuns o-14 Johnathan Robb 22ste, Rosario Pereira 25ste en Ruan Riekert 33ste; seuns o-15 André van der Walt sesde en Ruann Verweerd agtste; seuns o-16 Jaydon Smith 17de, Frederik Booysen 19de en Juan-Markus Nel 32ste; seuns o-19 Stephan van der Walt 24ste en Clifford Wyman 31ste.

Public speaking: Chané van Niekerk het na die landsfinaal van die SALA Public Speaking-kompetisie in Oktober deurgedring.

You can read the full story on our App. Download it here.
Back to top button