School sportSport

Laerskool Edleen se Ferocious Vipers wen by Jeugland

Tydens die week was daar 10 spanne, 81 spelers, 25 wedstryde en 233 doele aangeteken.

Hoërskool Jeugland se eerste laerskole vyf-hokkietoernooi was ’n groot sukses.

Vyf laerskole – Laerskool Edleen, Rynfield, Impala, Kruinsig en Birchleigh – het deelgeneem. Die toernooi het oor vier weke gestrek.

Die uitspeelwedstryde het op 19 Junie plaasgevind en die finale op 21 Junie. Impala het Rynfield in ’n naelbytstryd geklop om derde te eindig. Die Ferocious Vipers van Edleen en Edleen se Fast and Furious het in die finaal teen mekaar gespeel. Ferocious Vipers het gewen.

Die toernooi is op Hoërskool Jeugland se mini-astrobaan gespeel. Hierdie inisiatief van Veronica Swanepoel en Zander Muller, afrigters by Jeugland, is gerig daarop om ’n liefde vir hokkie by die kinders te kweek en dien ook as voorseisoen opwarming.

Tydens die week was daar 10 spanne, 81 spelers, 25 wedstryde en 233 doele aangeteken. Jeugland sien uit daarna om soortgelyke toernooie in die toekoms aan te bied. Skole wat belangstel kan Veronica by 083 228 3886 skakel.

Voorseisoen opwarmingswedstryde kan ook in samewerking met die skool gereël word.

Laerskool Edleen se Fast and Furious-span was tweede. Hulle is Nicole Kuhn, Erin Free, Allison Koster, Charlene van Jaarsveld, Megan Rossi, Mapula Sekgobula, Dianell Bezuidenhout en Nikita Nel.

Back to top button