Hoërskool Kempton Park se jongste sportuitslae

Damian Olivier is vir die Noordvaal o-15 span gekies wat na Frankryk toer

Die jongste sportuitslae van Hoërskool Kempton Park na afloop van die Julie-vakansie:

Bisley langafstandskiet: Dillon Reynecke het aan Gauteng-ope deelgeneem en die junior kampioenskap in vier afdelings gewen.

Judo: Wiehann Mienie het ’n bronsmedalje by die SA Judokampioenskappe in Port Elizabeth verower.

Ringbal: Chanté en Xander Vermeulen is vir die SA ringbalspanne gekies.

Netbal: Die o-14B, o-16A, o-16B en eerste spanne was ligawenners.

Gauteng-kampioenskappe by Hoërskool Dr EG Jansen: o-14 negende, o-16 sewende, o-17 negende, eerstes 10de.

Clarissa Koekemoer (o-14) en Kayla Pienaar (o-19) het hul Gauteng-kleure tydens die All Ages-toernooi ontvang.

Fietsry: drie bergfietsryers het die vakansie aan ’n 20km wedren by Riversands deelgeneem. Stephan van der Walt (seuns o-18) en André van der Walt (seuns o-15) was albei eerste en Riaan Oberholster (seuns o-15) derde.

Op 7 Julie het Kempies se junior seuns aan die 20km fietswedren in die Sondela-natuurreservaat deelgeneem. Rewan Oosthuizen was die wenner en Zandré Coetzee was derde.

Kriekettoer na Pietermaritzburg: Albei spanne het vier wedstryde gespeel en al vier gewen. Kempton het in die finaal met Hoërskool Hans Moore afgereken om as toernooiwenners aangewys te word.

Uitstaande prestasies: Christiaan Conradie 115 van 61 balle; Niko Pieters 128 en 129*; Andrew White 88; Nathan Grobler 105; Ethan Gower 102* en 56; Dandré Cronje 52, 54 en 56; Justin Bennett 16 paaltjies in vier wedstryde.

Sewe Kempies is vir die twee spanne gekies wat na afloop van die toernooi aangekondig is wat in 2019 na Engeland gaan toer. Eerste span: Justin Bennett, Ethan Gower, Dandré Cronje, Nathan Grobler. O-15: Christiaan Conradie, Niko Pieters en Anthony Barnard.

Rugby: Damian Olivier is vir die Noordvaal o-15 span gekies wat na Frankryk toer.

Tennis semi-finaal: Seuns: A-span verloor teen Oosterlig A 30-42; C-span verloor teen Oosterlig C 22-34. Meisies A-span wen 40-23, B-span verloor 21-35, C-span verloor 9-47.

Exit mobile version