School sportSport

Kempies wen medaljes by Suiderlike Afrika-streekskampioenskappe

Benewens die Suid-Afrikaanse junior span het hulle ook strawwe kompetisie uit ander Afrikalande gehad.

Vier atlete van Hoërskool Kempton Park het saam drie bronsmedaljes en drie top vyf posisies tydens die onlangse Suiderlike Afrika-streekskampioenskappe in Boksburg behaal.

Benewens die Suid-Afrikaanse junior span, het hulle ook strawwe kompetisie uit ander Afrikalande gehad, waaronder Namibië, Botswana, Zimbabwe, Zambië, Mosambiek, Swaziland en Lesotho.

Christelle Grobler (o-18) het ’n bronsmedalje in gewigstoot verower en was vierde in diskus.

Kempies se hamergooikampioen Nicko Venter (o-18) het nie vir sy teenstanders teruggedeins nie en die bronsmedalje ingepalm. Hy was ook vyfde in gewigstoot.

Juan Oosthuyzen (o-18), wat vroeër vanjaar die silwermedalje tydens die SASA kampioenskappe in diskus behaal het, het hier die bronsmedalje voor ’n Namibiese teenstander weggeraap. Hy was ook vierde in gewigstoot.

Chante Dixon (o-18) het ten spyte van ouer teenstanders gewys wat in haar steek toe sy vyfde in die 3 000m geëindig het.

You can read the full story on our App. Download it here.
Back to top button