School sportSport

Twee Kempies wen SA medaljes

Vyf atlete het aan die Suid-Afrikaanse skolekampioenskappe deelgeneem.

Vyf Kempie-atlete het aan die Suid-Afrikaanse skolekampioenskappe in Potchefstroom deelgeneem.

Juan Oosthuyzen (16) het vir groot blydskap gesorg toe hy die silwermedalje in die o-17 diskus met ’n persoonlike beste afstand van 56.12m ingepalm het. Hy was ook vierde in gewigstoot (16.46m).

Christelle Grobler (16) het ’n bronsmedalje in die diskus o-17 met ’n afstand van 38.93m verower. Sy was ook vierde in gewigstoot (14.92m).

Anri Oosthuizen (15) het verras toe sy in die 1 500m hindernis vyfde geëindig het. Sy het haar persoonlike beste tyd van 5:22.00 behaal.

Juan Claassen was agtste in hamergooi o-15 (42m) en Nicko Venter was 14de in hamergooi o-17 (36.55m).

Back to top button