Vyf Kempies deur na die SA’s

Twee-en-veertig van Kempies se atlete het aan die Gauteng-kampioenskappe deelgeneem.

Vyf atlete van Hoërskool Kempton Park het na afloop van die Gauteng hoërskolekampioenskappe vir die SA kampioenskappe gekwalifiseer.

Die Gauteng-kampioenskappe het by Pilditchstadion in Pretoria plaasgevind en 17 distrikte het aan hierdie strawwe kompetisie deelgeneem.

Twee-en-veertig van Kempies se atlete het deelgeneem.

Juan Classen het goud in hamergooi o-15 (4.98m) verower en Juan Oosthuyzen goud in o-gewigstoot (17.08m) en diskus (50.68m) o-17.

Nicko Venter spog met silwer in hamergooi o-17 (38.81m) terwyl Christelle Grobler silwer in gewigstoot (15.32m) o-17 behaal het.

Christelle het ook ’n brons in diskus (40,89m). Anri Oosthuizen het in die hindernis o-15 (05:31:41) ’n bronsmedalje gewen.

Tuksreeks: Die eerste poelwedstryde het die naweek plaasgevind en Kempies het teen Pietersburg te staan gekom.

Rugby: o-14A verloor 8-22, o-15A verloor 5-29, o-15B verloor 0-54, o-16A wen 57-0, o-16B wen 49-5, derdes wen 7-5, tweedes wen 18-13, eerstes wen 19-14.

Netbal: o-14A verloor 16-18, o-14B gelykop 12-12, o-14C wen 13-8, o-15A verloor 7-19, o-15B verloor 13-19, o-15C wen 7-4, o-16A wen 32-13, o-16B wen 27-8, o-17A gelykop 20-20, tweedes wen 27-16, eerstes verloor 3-18.

Hokkie: o-14A verloor 0-1, o-14B gelykop 1-1, o-15A verloor 0-8, o-15B verloor 1-5, o-16A verloor 1-4, o-16B verloor 0-5, tweedes verloor 2-4, eerstes gelykop 1-1.

Muurbal: Kempies 2 verloor teen Hans Moore 1 3-12, Kempies 2 wen teen Hans Moore 2 12-0, Kempies 3 verloor teen Hans Moore 1 4-11, Kempies 3 wen teen Hans Moore 2 11-3, Kempies 4 wen teen Hans Moore 3 12-2.

Exit mobile version