Birchleigh se atlete maak hul merk

Span reken af met Hoërskool Jeugland

Die atletiekspan van Hoërskool Birchleigh het hul merk gemaak in vanjaar se atletiekseisoen.

Die skool was Vrydag tweede tydens ‘n byeenkoms waaraan agt skole deelgeneem het.

Fochville het die byeenkoms gewen met 585.5 punte, gevolg deur Birchleigh met 474.5 punte.

Derde was Bastion 405, vierde Wagpos 390, vyfde Riebbeckrand 383, sesde Bekker 296, sewende Grenswag 187 en agtste HTS Potchefstroom 161.

Op 26 Januarie het Birchleigh ’n byeenkoms by Hoërskool Jeugland gewen. Ander skole wat deelgeneem het, was Hoërskool Jeugland, Curro Hazeldean en Curro Serengeti.

Die byeenkoms was telkemale deur reënbuie gekniehalter, maar die atlete het volhard en die uitslae was: Hoërskool Birchlegh 1 406, Hoërskool Jeugland 1 276, Curro Hazeldean 958 en Curro Serengeti 576.

Exit mobile version