Twee Kempies is beste atlete by byeenkoms

Vanjaar het daar 46 skole en 49 spanne deelgeneem.

HOëRSKOOL Kemptonpark het vierde plek by die Elardus Erasmus- Gedenkatletiekbyeenkoms wat deur Hoërskool Hans Strijdom (Naboom) aangebied is, verower.

Vanjaar het daar 46 skole en 49 spanne deelgeneem. Kempies se span het weer eens uit 10 seuns en 10 meisies bestaan wat altesaam nege persoonlike beste prestasies oor die twee dae behaal het.

Die volgende Kempies behaal ‘n ABSA punt van 900+: Juan Oosthuyzen (1 200), Ashley Cloete (1 003), Julius Dercksen (1 052), Nicko Venter (966), Marcus Pietersen (947), Elmarie van Greunen (913) en Anro Oosthuizen (901).

Juan Oosthuyzen het toekennings vir beste worpe-atleet en beste o-15 seun ontvang, terwyl Shirene van der Westhuizen ‘n toekenning vir beste o-19 meisie verower het.

Ringbal: uit die sewe spanne wat deelgeneem het aan die liga is daar twee ligawenners en twee naaswenners.

Kultuur: Radikale Redenaars: Kempies presteer uitstekend by die finaal. Die graad 10 junior prestigespan is nasionale wenners en die graad nege span was naaswenners.

Exit mobile version