School sportSport

Jeugland open sy astrobaan met hokkietoernooi

Die Jeugies beplan om 'n laerskoletoernooi voor die eerskomende vakansie aan te bied

HOËRSKOOL Jeugland het die laasnaweek geskiedenis gemaak toe die Jeugies hulself ‘n tree voor ander plaaslike skole geplaas het deur hul astrobaan aan die publiek bekend te stel en oop te maak.

Die afgelope vier maande het die Jeugies hard gewerk om die droom ‘n realiteit te maak. Met groot opgewondenheid en afwagting het Jeugland sy die nuwe baan die afgelope naweek met ‘n interne Jeugland-toernooi geopen. Sowat 18 spanne het aan die toernooi deelgeneem.

Hier is al die aksie in foto’s

Die laerskole kon ook nie die geleentheid van die hand wys nie en laerskole Edleen, Van Riebeeckpark en Birchleigh het almal spanne ingeskryf en teen mekaar kragte gemeet.

Die baan is kleiner as ‘n normale astrobaan wat geskik is vir ‘n korter formaat van hokkie, naamlik hokkie 5. Dit is ‘n baie vinniger en gewilde formaat van die spel. Slegs vyf spelers per span is op die veld gedurende die wedstryd.

Spanne kan enige tyd spelers vervang en ‘n doel kan van enige plek op die baan aangeteken word.

Die Jeugies beplan om ‘n laerskoletoernooi voor die eerskomende vakansie aan te bied.

Back to top button