Jeugie-skuts leer by Amerikaners

Afgesien van die opleiding en die kompetisies het die skuts ook heelwat getoer

TWEE skuts van Hoërskool Jeugland, Tristan Swanepoel en Gerrit Smit, is vir die SA skoleskietspan gekies.

Hulle is twee van drie presisieskuts wat SANSSU in die VSA by kompetisies in Colorado Springs en Denver vanaf 13 tot 30 Julie verteenwoordig het.

Die skuts het by die Amerikaanse olimpiese opleidingsentrum opleiding van die Amerikaanse nasionale skietspan en afrigters ontvang voordat hulle aan die kompetisies deelgeneem het.

Tydens die kompetisie in Denver het Tristan ‘n silwer medalje losgeskiet en Gerrit ‘n brons. Beide het ook ‘n silwer spanmedalje ontvang.

Afgesien van die opleiding en die kompetisies het die skuts ook heelwat getoer na plekke wat onder meer Pikes Peak, Petersons Lugvaartmuseum en die Discovery Space Foundation Center ingesluit het.

Exit mobile version