Kempies was druk besig met sport

Van die leerders het ook oorsee deelgeneem

HOëRSKOOL Kempton Park se sportuitslae vir die afgelope tyd:

Hokkie: die eerste span eindig sewende in die Pullen-toernooi uit 24 spanne en die o-16A span eindig 11de in die Howell-toernooi uit 22 spanne.

Krieket: Tzaneen-toer: Jayden Mostert is as die bouler van die toernooi vir o-15 met 11 paaltjies in vier wedstryde aangewys, terwyl Wayne Dalziel as die bouler van die toernooi vir o-19 met 10 paaltjies in vier wedstryde, aangewys is.

Tennis: Dominique van Vuuren het die Oos-Gauteng Grand Prix vir meisies o-14 in Benoni, gewen.

Sy het ook die Gauteng-Sentraal Super 8-toernooi gespeel en sesde gekom. Sy en haar dubbelsmaat was die wenners.

Fietsry: Andries Nigrini (kaptein) het die vakansie in Europa en Ierland aan verskeie padfietswedrenne deelgeneem. Die hoogtepunt van die oorsese toer was die Junior Tour of Ireland waar die span vanuit Suid-Afrika sesde uit 20 internasionale spanne geëindig het.

Bergfiets: Marc Pritzen, een van Kempies se belowendste bergfietsryers, het die naweek die Ashburton-resies oor 45km by Van Galen in die Magaliesberge, gewen.

Heno Herbst was derde in die 30km resies by Hazeldean (Pretoria).

Stephan van der Walt, Lize Kitshof, Clifford Wyman en André van der Walt het aan die tweede been van die Nissan Trailseeker-resies oor 40km deelgeneem.

Judo: Wiehann Mienie het aan die Suid-Afrikaanse ope-kampioenskappe deelgeneem en ’n algehele tweede plek behaal.

Skaak: Anika du Plessis (graad 11) het die vakansie in Indië aan die Statebondspele deelgeneem en was elfde van al die o-18 meisies. Sy gaan ook van 16-26 September aan die wêreldkampioenskappe in Uruguay deelneem.

Skiet:

GTRA – Stage 2: Sporter o-20 10M Philip Haussamer goud; presisie o-16 10M Olimpies Ruan Botha silwer en Barend Botha brons; presisie o-20 10M Olimpies Jovan Botha brons; presisie o-16 3P Barend Botha brons.

SANSSU Proewe 4: Sporter o-21 3P Simoné Mzyk goud; sporter o-16 3P Vincent Lombard silwer; sporter o-14 3P Kegan van Niekerk goud, Wikho Doman silwer, Sybrandt van Niekerk brons; presisie o-16 10M Olimpies Ruan Botha silwer; sporter o-21 10M Simoné Mzyk goud; sporter o-14 10M Kegan van Niekerk goud; presisie o-16 10M Olimpies Ruan Botha brons.

GTRA – Stage 3: sporter o-20 10M Philip Haussamer goud; presisie o-16 10M Olimpies Ruan Botha silwer; presisie o-20 10M Olimpies Jovan Botha brons.

SANSSU Noord-Gauteng Ope: sporter o-21 2 X 3P Simoné Mzyk brons; sporter o-21 10M Olimpies Simoné Mzyk silwer; sporter o-21 algeheel (10M + 2 X 3P) Simoné Mzyk goud.

SAARA Gauteng Ope: sporter o-20 3P Philip Haussamer goud; sporter o-20 10M Philip Haussamer goud; presisie o-16 3P Barend Botha brons; presisie o-16 10M Olimpies Ruan Botha goud.

SANSSU – Proewe 5: sporter o-21 3P; Simoné Mzyk goud; Andrew Rowlands silwer; sporter o-16 3P Vincent Lombard silwer, sporter o-14 3P Kegan van Niekerk goud, Sybrandt van Niekerk silwer; sporter o-21 10M Simoné Mzyk goud, Andrew Rowlands brons, sporter o-14 10M Kegan van Niekerk silwer; presisie o-16 3P

Ruan Botha silwer, Barend Botha brons; presisie o-16 10M Olimpies Barend Botha silwer, Ruan Botha brons.

Exit mobile version