Claire gekies om Ekurhuleni by die SANESA-finale te verteenwoordig

Sy is gekies om Ekurhuleni by die SANESA finale te verteenwoordig

CLAIRE van Vuuren van Laerskool Impala het die afgelope paar weke verskeie prestasies in perdry behaal.

Op 10 en 11 Junie het sy aan die SANESA-skolekompetisie deelgeneem. Sy het twee tweede plekke in Prix Caprilli behaal, ’n derde en vierde plek in dressage en ’n sesde plek in Equitation.

Op 18 Junie het sy twee eerste plekke by die CHG-Dressagereeks verower.

’n Week later het sy twee derde plekke by ’n perdspringkompetisie verower.

Na aanleiding van hierdie prestasies is Claire gekies om Ekurhuleni by die SANESA finale einde Julie te verteenwoordig.

Sy is vir die volgende spanne gekies: Dressage A-span, Prix Caprilli A-span, Equitation A-span en perdspring B-span.

Exit mobile version