Vier Kempie-hokkiespanne wen hul ligas

Vier netbalspanne neem aan die Gauteng-kampioenskappe deel

DIE Gauteng-netbalkampioenskappe het die naweek plaasgeving en vier van Hoërskool Kemptonpark se A-spanne het deelgeneem.

Die o-15A span neem in Augustus deel aan hul weergawe van die kampioenskappe.

Vanjaar se kompetisie was uiters straf. Die eerste span, wat as Ekurhuleni-wenners na die kompetisie gegaan het, was ongelukkig om deel te neem in die poel waarin die twee spanne wat eerste en tweede algeheel geëindig het, ook ingedeel was.

Hulle het egter alles in die stryd gewerp om al hul ander wedstryde te wen en het slegs dié twee wedstryde verloor.

Die span het baie lof gekry vir hul briljante samespel en deursettingsvermoë.

Die finale uitslae was: eerste span negende, o-17A 16de, o-16A 12de, o-14A 13de.

Hokkie meisies vs Hugenote: o-14A wen 3-1, o-14B verloor 0-2, o-15A wen 6-0, o-15B verloor 0-4, o-16A wen 1-0, o-16B wen 3-1, tweedes gelykop 0-0, eerstes wen 4-2.

Die o-14A, o-16A, eerstes en tweedes het hul ligas gewen. Die Kempies was ook die algehele ligawenner.

ATKV-redenaars: twee Kempies het aan die semi-finaal van die ATKV-redenaarskompetisie deelgeneem. Beide het ook aan die onvoorbereide kompetisie deelgeneem.

Chanté Venter was vierde en Crizinda du Toit vyfde.

Exit mobile version