Nat weer keer hierdie skole-ondersteuners nie

Al die netbalwedstryde moes uitgestel word

TALLE entoesiastiese ondersteuners van Hoërskole Kemptonpark en Jeugland het Saterdag die koue, nat weer getrotseer om die jaarlikse kragmetings tussen dié twee skole by te woon.

Vanjaar se vriendskaplike wedstryde het by Jeugland plaasgevind.

Hier is aksiefoto’s deur James Mohlakwane van die eerste rugbyspanne se kragmeting.

Daar is nog foto’s op www.kemptonexpress.co.za

Die uitslae was:

Rugby:

o-14A Kempies wen 34-12

o-14B Kempies wen 46-0

o-15A gelykop 5-5

o-15B gelykop 0-0

o-16A Kempies wen 14-7

o-16B Kempies wen 14-7

Tweedes Kempies wen 30-0

Eerstes Kempies wen 29-13

Aksiefoto’s van die eerste spanne se wedstryd

Hokkie:

o-14A Kempies wen 1-0

o-14B gelykop 0-0

o-15A Kempies wen 1-0

o-15B Kempies verloor 0-3

o-16B Kempies wen 7-0 Tweedes Kempies wen 2-1

Die o-16A en eerstes se wedstryde is uitgestel as gevolg van reën en is Dinsdagmiddag gespeel.

Netbal:

Al die netbalwedstryde is na Dinsdag geskuif weens nat bane.

Golf:

Kempies wen 7-6 om sodoende die beker te vir die tweede jaar in ‘n ry te behou.

Skaak:

o-15A wen 4-2

o-18A wen 6-0

Tennis:

Seuns:

A-span verloor 27-29

B-span wen 35-21

Meisies:

A-span verloor 14-42

B-span wen 51-5

Exit mobile version