Kempie-atletiek sluit af op hoë noot

Atlete wys hul staal tussen groot kanonne

DIE atletiekseisoen by Hoërskool Kemptonpark het tot ‘n einde gekom met die SA skole en ASA SA Kampioenskappe waarvan verskeie atlete deelgeneem het.

Vier atlete, Lyndi Roelofse, Sherine van der Westhuizen, Quintin Pennels en Liané van Jaarsveld het gekwalifiseer om aan die ASA SA seniors kampioenskappe deel te neem.

Roelofse het drie silwer- en een bronsmedalje verower. Sy is ook vierde op die SA senior ranglys.

Sherine van der Westhuizen het drie goue, twee silwer en ‘n bronsmedalje gewen.

By die ander kompetisies het die atlete so gevaar:

Goud:

Kirsti Bell o-15 1500mH/F 5.14.75 PB SA Skole; Sherine van der Westhuizen o-19 400mF 55.85 PB SA Skole, 4x400mF SA ASA, 4x4mF SA Skole; Quintin Pennels o-19 4 x 400mF SA ASA; Heinrich Eybers o-19S 4x 400mF SA ASA.

Silwer: Lyndi Roelofse o-17 1500mF 4.22.62 PB SA Skole, 3000mF 9.43.79 SA Skole, 1500mF 4.27.86 SAs ASA; Sherine van der Westhuizen o-19 4x100mF SA Skole, 4x100mF SA ASA.

Brons:

Sherine van der Westhuizen o-19 200mF 24,74 SA Skole, Lyndi Roelofse o-17D 3000mF 9.41.67 PB SA ASA.

Vierde:

Quintin Pennels o-19 400mF 48,28 SA Skole, 4x100m SA Skole, 4×100 SA ASA; Chazel Bezuidenhout o-15 100mH/F 13,46 SA Skole; Christelle Grobler o-15 gewigstoot 14.02m SA Skole; Heinrich Eybers o-19 4 x 100m SA Skole; Sherine van der Westhuizen o-19 200mF 24,91 SA ASA.

Vyfde:

Ruan Oosthuizen o-19 Spiesgooi 58.61m SA Skole, Christelle Grobler o-15 diskus 36.84m SA Skole, Sherine van der Westhuizen o-19 100mF 12,27 SA ASA.

Kempies het die afgelope naweek aan die SA Senior Kampioenskappe deelgeneem. Lyndi Roelofse het as 16-jarige ‘n vyfde plek in die 1500m behaal en Liané van Jaarsveld ook ‘n vyfde plek in die sewekamp.

Die ander twee Kempies was Quintin Pennels en Sherine van der Westhuizen.

Exit mobile version