School sportSport

Kempie is 39ste in die wêreld

Die Tuks-kwartfinale het ook die naweek plaasgevind

LYNDI Roelofse van Hoërskool Kemptonpark het die naweek aan die wêreld-landloopkampioenskappe deelgeneem as lid van die SA-span.

Lyndi het uitstekend gevaar en was 39ste in die O/19 ouderdomsgroep en tweede van die SA-span.

Tuksreeks kwartfinale A-spanne:

Rugby: O/14 wen 22-12 teen Garsfontein, O/15 speel gelykop 5 elke teen Garsfontein, O/16 klop Rustenburg 31-15, eerstes verloor met 15-44 teen Dr EG Jansen.

Hokkie: O/14 klop Rustenburg 4-0, O/15 verloor 0-2 teen Garsfontein, O/16 klop Rustenburg 3-0, eerstes klop Rustenburg 3-1.

Netbal: O/14 verloor 18-13 teen Rustenburg, O/15 klop Garsfontein 28-11, O/16 verloor 12-29 teen Garsfontein, O/17 verloor 6-41 teen Garsfontein, eerstes verloor 33-38 teen Garsfontein.

Gauteng finale netbalproewe: Nege meisies is deur na die finale Gauteng-proewe op 6 Mei.

Hulle is Tenick Olivier en Marlé Esterhuizen (O/14), Bronwyn Swanepoel en Danielle Francis (O/15), Milandi van Wyk (O/16) en Minante van Deventer, Kayla Pienaar, Danelle Swanepoel en Amanda Griesel (O/17).

Fietsry: Bergfiets: Marc Pritzen het Land Rover se bergfietsresies by Modderfontein-natuurreservaat die naweek gewen.

Padfiets: Andries Nigrini het die naweek in KZN aan ‘n padfietswedren oor 135km deelgeneem waar hy vyfde was. Dit is ‘n uitstekende prestasie aangesien hy nog ‘n junior ryer is en met die elite-ryers moes meeding.

Andries sal binnekort hoor of hy gekwalifiseer het om aan die junior wêreldkampioenskappe te kan deelneem.

Luggeweerskiet: Veral die O/14 sporterskuts het gedurende die eerste kwartaal goeie prestasies gelewer.

GTRA Stage 1 (28 Jan):

10M Olimpies O/16 presisie: Barend Botha silwer.

10M O/20 sporter: Phillip Haussamer goud.

ESSU proewe 1 (17/18 Febr):

Sporter O/21 3P: Simoné Mzyk goud, Andrew Rowlands brons.

Sporter O/16 3P: Vincent Lombard goud.

Sporter O/14 3P: Kegan van Niekerk goud, Wikho Doman brons.

Ppresisie O/16 3P: Barend Botha silwer, Ruan Botha brons.

Sporter O/21 10M: Simoné Mzyk goud, Andrew Rowlands silwer.

Sporter O/16 10M: Vincent Lombard brons.

Sporter O/14 10M: Kegan van Niekerk goud, Wikho Doman brons.

Presisie O/16 10M: Barend Botha brons.

ESSU proewe 2 (3/4 Maart);

Sporter O/21 3P: Simoné Mzyk goud, Andrew Rowlands brons.

Sporter O/16 3P: Vincent Lombard goud.

Sporter O/14 3P: Kegan van Niekerk goud, Wikho Doman silwer.

Presisie O/16 3P: Barend Botha silwer, Ruan Botha brons.

Sporter O/21 10M: Simoné Mzyk goud.

Sporter O/14 10M: Kegan van Niekerk goud, Wikho Doman silwer.

Presisie O/16: Barend Botha brons.

ESSU interprovinsiaal (10/11 Maart):

Sporter O/14 10M: Kegan van Niekerk goud, Wikho Doman brons.

Sporter O/14 10M: Kegan van Niekerk goud.

Sporter O/14 algeheel (2X 3P en 10M): Kegan van Niekerk goud, Wikho Doman brons.

SAARA Noordwes Ope (24/25 Maart):

Sporter O/20 3P: Philip Haussamer silwer.

Sporter O/20 10M: Philip Haussamer goud.

Back to top button