School sportSport

Kempies vierde by super interhoër

Kempies se atlete het 12 goue-, sewe silwer- en 20 bronsmedaljes verower

KEMPIES was verlede week vierde by die super interhoër A-bond se kompetisie waaraan Prestige College, Helpmekaar, Monument, Affies seuns en meisies, Waterkloof en Garsfontein ook deelgeneem het.

Prestige College was die wenner met Helpmekaar tweede en Monument derde.

Kempies se atlete het 12 goue-, sewe silwer- en 20 bronsmedaljes verower. Twee Kempies het ook trofeë verower.

Christel Grobler is as die beste junior veldatleet aangewys met haar gewigstoot van 14,28m, waarvoor sy 1110 Abasa-punte verwerf het.

Lyndi Roelofse het uitstekend in die 1500m, 3000m en 800m vertoon en is as die senior Victrix Ludorum aangewys met ‘n totaal van 2034 Absa-punte vir twee items.

Muurbal

Kempies 1 wen Hans Moore 1 met 10-6, Kempies 2 wen Hans Moore 2 met 12-4.

Fietsry

Dit was vir die Kempies ‘n besige en suksesvolle naweek op die fietsryfront:

Die junior span het aan ‘n byeenkoms deelgeneem wat deur Johan Vorster vanPretroria aangebied is. Ruann Verweerde was tweede en André van der Walt vyfde.

Die senior span was Saterdag in Cullinan in aksie waar hulle aan die eerste been van die Nissan Trailseeker-reeks deelgeneem het.

Lize Kitshoff was 11de en Reinet Venter 16de in die meisie-afdeling.

In die seunafdeling was Andries Nigrini derde in sy ouderdomsgroep en derde algeheel. Andries het Sondag ook aan die Velodrome Gauteng provinsiale kampioenskappe deelgeneem waar hy derde in die 1500m was en tweede in sy ouderdomsgroep volgens die algemene puntestand.

You can read the full story on our App. Download it here.
Back to top button