Botha weer vir SA driekamp gekies

Hy was laasjaar die eerste leerling in die geskiedenis van Laerskool Kruinsig wat erekleure vir driekamp gekry het

RUDI Botha (13) is vir die tweede agtereenvolgende jaar gekies om aan die SA driekampkampioenskappe en Africa Cup op 19 Maart in Bloemfontein deel te neem.

Die driekamp bestaan uit 400m swem, 10km fietsry en 2.5km draf.

Botha was laasjaar negende in die 12-13 jaar afdeling en tweede by vanjaar se Sentraal-Gauteng kampioenskappe in Januarie.

Hy was laasjaar die eerste leerling in die geskiedenis van Laerskool Kruinsig wat erekleure vir driekamp ontvang het.

Botha geniet dit ook om rugby te speel en is vanjaar vir die tweede jaar in Kruinsig se eerste span. Hy spog ook met ‘n akademiese gemiddeld van 85%.

Hy oefen elke week sowat agt ure saam met sy pa en vertel dat sy gunsteling deel van die driekamp fietsry is.

Exit mobile version