Kempies grom voor jaarlikse interhoër

Die Kempies het behoorlik stem dik gemaak en die spankompetisie gewen

VRYDAGAAND se atletiek op die UJ Stadion was tradisioneel die laaste kleedrepetisie voor die interhoër van die topskole, wat vanjaar op 1 Maart in Orkney gehou word.

Die Kempies het behoorlik stem dik gemaak en die spankompetisie gewen.

Kempies was eerste met 702 punte, HTS Middelburg tweede met 681, Menlopark derde met 674, Noordheuwel vierde met 657 en Waterkloof vyfde met 630 punte.

Jean Oosthuizen is vir sy 16,36m in die gewigstoot SO/15 as die beste junior veldatleet aangewys en Chazel Bezuidenhout as beste junior baanatleet en Victrix Ludorum vir haar 44,38s in die 300m hekkies en 12.9s in die 90m hekkies MO/15.

Die volgende Kempies het meer as 850 ABSA-punte verwerf:

Meisies: Juandri van der Walt O/14 1500m 871, 800m 914; Kirsti Bell O/15 1500m 874; Caitlyn Davies O/14 verspring 881, 200m 883, 100m 897; Lyndi Roelofse O/17 3000m 887, 1500m 946; Liane van Jaarsveld O/16 400m hekkies 894, verspring 977; Mieke Wilken O/14 1500m 896, hoogspring 903, 800m 947; Kerry-ann Botha O/15 gewigstoot 907; Sherine van der Westhuizen O/19 100m 920; El-marie van Greunen O/14 300m hekkies 934; Chazel Bezuidenhout O/15 300m hekkies 972, 90m hekkies 1 014.

Seuns: Heinrich Eybers O/19 100m 855; Michael van Zyl O/19 200m 867; Lourens Gouws O/16 200m 883; Nicko Venter O/15 gewigstoot 889; Andrew Lottering O/14 verspring 915, 200m 1 003; Delport Botha O/16 800m 948; Juan Oosthuizen O/15 gewigstoot 991, diskus 1 140; Julius Derckson O/14 verspring 1 062.

Krieket:

Die eerste span het die naweek ‘n spannende wedstryd teen Hans Moore in die Finsbury-reeks met nege lopies gewen.

Kempies het eerste gekolf en 193 almal uit in 48 beurte aangeteken. Morné Smit het ‘n briljante 51 lopies van net 28 balle gemoker.

Kempies het Hans Moore daarna vir 184 uitgeboul met Coenie van Deventer wat 3/49 platgetrek het.

Andrew White was verantwoordelik vir ‘n skitterende uithardloop en Francois Marais het ‘n uithaler vangskoot gevat om van die gevaarlike Dian Basson ontslae te raak.

Die O/15A’s het Hans Moore met vier paaltjies geklop. Hans Moore het 235/9 geslaan, waarop Kempies met 236/6 genatwoord het. Jean Oosthuyzen het 72 behaal.

Muurbal: Liga: Kempies 1 wen Woodlands 1 9-5, Kempies 2 wen St Dominic’s 1 12-2, Kempies 3 wen St Dominic’s 2 10-3.

Exit mobile version