School sportSport

Kempies as beste atlete aangewys

B span kom vierde by top 10 byeenkoms

KEMPIES se B atletiekspan was laasweek vierde by die top 10-kompetisie by Hoogenhout in Bethal.

Die skool se C span was 24ste uit die 48 skole.

Jean Oosthuizen is as die beste veldatleet aagewys met sy diskus van 55,37m vir seuns O/15.

Die afgelope naweek het Kempies aan ‘n uitnodigingsbyeenkoms by Affies deelgeneem en tydens die byeenkoms is Jean Oosthuizen en Christelle Grobler as beste veldatlete aangewys.

Christel het in gewigstoot MO/15 14,48m gehaal en daarmee 1 137 ABSA punte verwerf. In diskus was haar afstand 39,41m (1 133 punte).

Christelle Grobler.
Christelle Grobler.

Jean het 54,49m met die diskus gegooi en 1 145 punte verwerf. Julius Derksen het in die verspring SO/14, 5,8m gespring om 1 032 ABSA punte te verwerf.

Muurbal: Liga: Kempies 1 wen Shangri-La 1 9-6, Kempies 2 verloor teen Shangri-La 2 7-9, Kempies 3 wen Shangri-La 3 11-6.

Krieket: Liga: eerste span verloor met nege paaltjies teen Montana. Dylan Meyer 43*. Montana 114/1 in 21.3 beurte.

O/15A klop Montana met ses paaltjies. Montana 176/10. Kempies 178/4.

Back to top button