Groenspan wen Kempies se interhuis

Atlete het reeds goeie prestasies so vroeg in die seisoen gelewer

DIE groenspan (1 698) het Vrydag Kempies se jaarlikse interhuis-atletiekbyeenkoms gewen.

Tweede was die blouspan (1 541), derde die geelspan (1 196) en vierde die rooispan (1 028).

Die volgende atlete het die trofeë ontvang vir die beste prestasie in die onderskeie items:

Verspring: Liane van Jaarsveld (881) en Julius Dercksen (923).

Driesprong: Liane van Jaarsveld (722) en Wernich Bekker (718).

Hoogspring: Amanda Griessel (780) en Ethan Gower (784).

Spiesgooi: Yuanisha Botha (565) en Ruan Oosthuizen (789).

Diskus: Christelle Grobler (1166) en Juan Oosthuizen (936).

Gewigstoot: Christelle Grobler (1113) en Juan Oosthuizen (902).

100m: Chazel Bezuidenhout (821) en Quintin Pennels (831).

200m: Caitlyn Davies (756) en Marcus Peterson (804).

400m: Lareche Nelson (630) en Wesley Ackerman (633).

800m: Lyndi Roelofse (808) en Wernich Bekker (735).

1500m: Lyndi Roelofse (840) en Ricus Wybenga (569).

3000m: Lyndi Roelofse (796) en Ruan Janse van Rensburg (563).

Hekkies kort: Liane van Jaarsveld (845) en Julius Dercksen (798).

Hekkies lank: Chazel Bezuidenhout (731) en Julius Dercksen (700).

Veelsydigste atlete:

Junior meisie O/14 – O/15: Chazel Bezuidenhout (7 wenne): 100m, 200m, 400m, 90mH, 300mH, hoogspring, verspring.

Junior seun O/14 – O/15: Julius Derckson (6 wenne): 100mH, 300mH, gewigstoot, diskus, 100m, 200m.

Senior meisie O/16 – O/19 Liane van Jaarsveld (6 wenne): 100m, 200m, 90mH, 300mH, verspring, driesprong.

Senior seun O/16 – O/19 James Peterson (4 wenne): 100m, 200m, 400m, verspring.

Algehele beste atleet op grond van ABSA-punte:

Meisie: Christelle Grobler MO/15 diskus 40.04m (1116 punte).

Seun: Juan Oosthuizen SO/15 diskus 47.61m (936 punte).

Kempies het ook ‘n ysterman en -vroukompetisie gehou waar die absolute veelsydigheid en uithouvermoë van die atlete getoets is.

Junior meisies: Liane van Jaarsveld (5473).

Junior seuns: Tiaan Venter (4176).

Senior meisies: Daniele Swanepoel (3109).

Senior seuns: Wernich Bekker (4969).

Krieket

Die O/15-span het Potchefstroom Gumnasium die naweek met 85 lopies geklop.

Kempies 220/10 (Ethan Gower 52).

Potch 135/10.

Exit mobile version