Kempie-skuts is in die kol

Daar was vanjaar 14 aktiewe skuts waarvan agt provinsiale kleure verwerf het

VERSKEIE Kempieskuts het Ekurhuleni School Shooters Union (ESSU), of te wel Oos-Gauteng, tydens die SA National School Shooters Union (SANSSU) se nasionale kampioenskappe in Brits verteenwoordig.

Daar was vanjaar 14 aktiewe skuts waarvan agt provinsiale kleure verwerf het.

Tydens die nasionale kampioenskappe het Barend Botha die presisieklas grootkampioenskap se finaal gewen.

Simoné Mzyk en Philip Haussamer was onderskeidelik eerste en tweede in die sporterklas grootkampioenskappe se finaal.

Barend het sy brons SA skolekleure in die presisieklas verwerf. Een moet ten minste 93.75% akkuraatheid in die presisieklas oor drie kompetisiedae skiet.

Simoné en Philip het hul goue SA skolekleure in die sporterklas verower en moes ten minste 91.6% akkuraatheid oor drie kompetisiedae skiet.

You can read the full story on our App. Download it here.
Exit mobile version