School sportSport

Kempies oefen saam met Proteas

Die skool se ringbalspelers en atlete blink ook uit

KEMPIES se eerste netbalspan-oefengroep het die naweek ‘n bronsmedalje tydens die Cornwall Hill-toernooi behaal waaraan 14 ander skole ook deelgeneem het.

Kayla Pienaar is as een van 15 “All star”-spelers gekies wat blootgestel gaan word aan oefensessie saam met Elize Kotze, ‘n voormalige afrigter van die Protea-span.

Tydens die toernooi het afrigters afrigtingsessies saam met die huidige Protea-afrigter, Danette Badenhorst, asook twee vorige afrigters, Kotze en Elsje Jordaan, ondergaan.

Die spelers is ook blootgestel aan oefensessies saam met Protea-netbalspelers.

Ringbal

Agt spanne het aan die liga by die Kempton-bane deelgeneem. Die SO/18, MO/15A en O/15B het hul ligas gewen. MO/18 O/17A en O/17B was naaswenners.

Die span van die jaar vir 2016 word gedeel deur die SO/18 en MO/15A. Die Kempie-ringbalspeler van die jaar is Zanell Duvenage.

Distriksproewe vir die Ekurhuleni-Noord-span is gehou en 25 spelers van Kempies het aan die SA skoletoernooi deelgeneem.

In die O/15 groep is provinsiale proewe gehou en Zanell Duvenage en Ricardo Wells is vir die Gautengspan gekies.

Wilna du Plessis het as spanbestuurder vir die MO/18 op die toernooi opgetree. Ronelle Oosthuizen het opgetree as skeidsregter op die toernooi. Sy het ook SA kleure as skeidsregter verwerf en is verkies tot die SA afrigterbestuur vir skole.

Atletiek

Tydens die Top 30 NWU Pukke-byeenkoms in Potchefstroom was Kempies vyfde onder die 19 skole.

Die volgende atlete het ABSA-punte bo 900 behaal:

O/14: Juan Oosthuizen (diskus 1200, gewigstoot 994), Christelle Grobler (gewigstoot 1104 en diskus 1044).

O/15: Lyndi Roelofse (1500m 1044 en 3000m 1019), Nicko Venter (diskus 1042), Chazel Bezuidenhout (Hekkies 300m 1039, hekkies 90m 947), Delport Botha (800m 989, 1500 933), Liane van Jaarsveld (verspring 941), Lourens Gouws (100m 939, 200m 914), Christopher Fouche (800m 919), Liezel Kilian (hoogspring 905).

O/16: Werner Schoeman (200m 928).

O/17: Quinten Pennels (400m 935, 200m 917), Johnic Smith (800m 925), Dillon Theron (gewigstoot 919), Sherine van der Westhuizen (100m 902).

Bloemfontein: Tydens die Clover Grey-College-byeenkoms in Bloemfontein die vorige naweek is Jeandre Breytenbach as baanatleet van die byeenkoms aangewys vir sy prestasie in die 110m hekkies.

Die volgende om atelete het 800 of meer punte op die ASA puntetabel behaal: Amore Kotze (O/14 gewigstoot 825), Sune Botha (O/14 90m hekkies 808), Michayla Spies (O/15 gewigstoot 851), Bianca Nell (O/16 diskus 878, hamergooi 905), Clarise de Klerk (O/17 gewigstoot 841), Juandre Breytenbach (O/17 110m hekkies 870).

Back to top button