School sportSport

Jeugland se krieketspanne reken af met Kempies

Drie Jeugie-boulers vat 18 paaltjies tussen hulle

HOËRSKOOL Jeugland se krieketspanne het die naweek hul plaaslike derby teen Hoërskool Kemptonpark gehad.

Die eerste spanne het by die Jeugies gespeel en die O/15A’s by die Kempies.

Jeugland se eerste span het die loot gewen en besluit om eerste te kolf op ‘n blad wat die boulers gehelp het. By tye het dit moeilik gegaan en die Jeugies

kon slegs 145/10 in 41 beurte aangeteken.

Louis Geldenhuys, wat 79 lopies aangeteken het, was die anker van die beurt.

Met slegs 145 lopies op die bord het die Jeugies geweet hulle sou die Kempies onder druk moes plaas. Die openingsboulers het dit gedoen en Kempton is in die 16de beurt vir slegs 79 uitgeboul om Jeugland ‘n oorwinning van 66 lopies te besorg.

Geldenhuys het ook met die bal die leiding geneem en 7/44 laat kantel. Hy is goed deur Karel Harris ondersteun, wat 3/20 gevat het.

Dit het min of meer dieselfde met die O/15A wedstryd gegaan. Jeugland het die loot gewen, eerste gekolf en 135/10 op die telbord gesit.

Aldin Francis (41) en André Williams (21) was die beste kolwers.

Die Jeugies het geweet hul boulers sou moes hand opsteek en paaltjies vat. Johan Nel het dit amper by homself reggekry om die Kempies uit te boul deur 8/28 te vat.

Jeugland het Kempton vir 98 lopies terug in die pawiljoen gehad om met 37 lopies te wen.

Back to top button