School sportSport

Kempie-skut blink uit oorsee vir die Proteas

Hier is al die ander sportuitslae ook

DILLON Reineke van die Kempies het onlangs as lid van die Protea-langafstandskietspan aan die 147ste Imperial Meet Bisley-kampioenskappe in Londen deelgeneem.

Die spantoekennings sluit in: silwer vir langafstand 900-1000m; brons kortafstand 300-600m; algeheel silwer junior skutte O/19.

Sy individuele prestasies was: onder eerste 100 skutte uit 700 deelnemers; top 50 nuwelinge op Bisley; toekenning vir telling van 149.15 uit 150.

In die individuele kompetisie is daar geen onderskeid in terme van ouderdom nie. Dillon het teen seniors en juniors van regoor die wêreld deelgeneem en om op 16-jarige ouderdom reeds op hierdie vlak so te presteer, is noemenswaardig.

Rugby: O/15A en O/16A was deel van die laaste agt spanne in die VirSeker Beeldtrofee. O/15A verloor 0-24 teen Menlopark en O/16A met 20-32 teen Garsfontein.

Spanredenaars: ATKV Suid-Gautengkompetisie: graad 11 span 2 en graad 10 span 1 het gewen.

Die volledige uitslae was:

Graad 8: Marais Viljoen 1 91.5, Kempton 1 89.5, Kempton 2 89.13.

Graad 9: Helpmekaar 90.5, Noordheuwel 2 88.25, Noordheuwel 1 87.38, Kempton 2 85.

Graad 10: Marais Viljoen 2 89.13, Kempton 1 89.13, Marais Viljoen 1 86.88.

Graad 11: Kempton 2 86.88, Jeugland 2 85.25, Noordheuwel 2 81.88.

Graad 12: Marais Viljoen 87.75, Noordheuwel 82.5, Kempton 1 82.5.

Jnr prestige: Noordheuwel 90.25, Kempton 86.13, Marais Viljoen 79.63.

Snr prestige: Marais Viljoen 87.88, Kempton 84.5, Jeugland 78.61.

Netbal: Vier A spanne het na die Gauteng-kampioenskappe deurgedring. Hier was die O/16A span agtste in Gauteng en die O/14A-span tweede. Met dié prestasie het die O/14’s gekwalifiseer vir deelname aan die SA kampioenskappe, waar hulle agtste in Suid-Afrika uit 2 000 skole was.

Hokkie: Die O/14 en O/16 spanne het gekwalifiseer om aan die Noordvaal-kampioenskappe deel te neem. Die uitslae was:

O/14A: Kempies 1 – 1 Jeugland; Kempies 1 – 2 Waterkloof; Kempies 0 – 2 Garsfontein.

O/16A: Kempies 0 – 0 Ermelo; Kempies 1 – 1 Cornwall Hill; Kempies 0 – 1 Garsfontein.

Gimnastiek: Tweede been Gautengspele: Jason Fincham algeheel eerste, Erique Holtzhausen en Robert Vroom silwer elk.

Jukskeiliga: O/19A Kempies 9½ – Birchleigh Hoër 5½, Kempies 10½ – Panorama 4½.

O/16A Kempies 8 – Die Anker 7, Kempies 10 – 5 Kempton O/16C.

O/16B Kempies 7 – Jeugland 8, Kempies 10 – Voortrekker 5.

O/16C Kempies 5 – Kempton O/16A 10, Kempies 7 – Oosterlig 8.

O/16A meisies Kempies 13 – Die Anker 2, Kempies 2 John Vorster 13.

Ringballiga: Seuns: O/15 verloor 12-2 teen Birchleigh, verloor 16-10 teen Jeugland; O/17 verloor 36-6 teen Jeugland; O/18 verloor 30-14 teen Hans Moore, wen 34-16 teen Birchleigh; wen 34-26 teen Goudrif.

Meisies: O/15 (1) wen 28-10 teen Dragons; wen 36-6 teen Dragons; verloor 44-26 teen Brandwag.

O/15 (2) wen 24-6 teen Birchleigh; verloor 20-12 teen Brandwag.

O/17 (1) verloor 34-28 teen Dragons; wen 22-10 teen Brandwag; verloor 20-18 teen Birchleigh.

O/17 (2) verloor 16-6 teen Brandwag; wen 18-12 teen Brandwag.

O/18 wen 30-14 teen Hans Moore; wen 14-6 teen Goudrif; verloor 34-12 teen Brandwag.

Krieket vs Hans Moore: Eerstespan: Kempies 158/10. Hans Moore 160/4. Verloor met ses paaltjies.

Tweedespan: Kempies 439/5. Hans Moore 58/10. Kempies wen met 381 lopies.

O/15A: Hans Moore 301/10. Kempies 225/10. Kempies verloor met 76 lopies.

Tennisliga: Meisies B wen 50-6 teen Alberton A.

Back to top button