Jeugies betree nuwe era in atletiek

Archer se talente strek ook verder as atletiek

HOËRSKOOL Jeugland het ’n nuwe atletiekorganiseerder, Les Archer, op 1 Augustus by die skool verwelkom.

Hy is ’n ou bekende wat geen bekendstelling nodig het nie en is ’n gesertifiseerde krag- en kondisioneringspesialis met 25 jaar se atletiekafrigting-ondervinding van skole- tot op internasionale vlak.

Archer spog met verskeie afrigtingsprestasies soos 21 nasionale atlete van vyf verskillende lande, 29 Suid-Afrikaanse kampioene en 113 provinsiale atlete.

Die Jeugies is opgewonde om ’n nuwe atletiekera te betree. Sy spesialiteitsitems is naellope, hekkies, verspring en driesprong.

Archer se talente strek ook verder as atletiek en hy het op rugbygebied vir 12 jaar sy staal by die Goue Leeus Rugby-unie gewys. Hy is tans ook by WITS se sportburo betrokke as fiksheids- en kragdeskundige.

Exit mobile version