School sportSport

Twee Kempie-rugbyspanne deur na die kwarteind

Die O/14A span speel eers Donderdag teen Waterkloof

DIE rugbyseisoen van 2016 is besig om vinnig sy einde te nader.

Al vier Kempies se A-spanne was Saterdag nog deel van die laaste 16 spanne in die VirSeker Beeldtrofee.

Die O/16A span het na die kwarteind deurgedring deur Montana met 26-22 te klop. Die O/15A’s is ook deur na die kwartfinaal met ‘n oorwinning van 25-12 oor Montana.

Ongelukkig het die eerste span teen Menlopark vasgeval met ‘n telling van 17-38.

Die O/14A span speel eers Donderdag teen Waterkloof om vir die kwartfinaal te probeer kwalifiseer.

Artistiese Gimnastiek Gauteng-spele: Die spele strek oor twee naweke en die meisies het altesaam agt brons- en twee silwermedaljes in die vlak 2- en 3-afdelings verower.

Dié meisies het toekennings ontvang: Nadine Schneider, Joe-Marie Venter, Anthea Jacobsohn, Anrie du Preez, Amoney le Roux, Madelien Venter, Nicole Taylor,

Larissa Boshoff, Dominique Vermeulen en Vanessa Pieterse.

Dominique het die hoogste totaal vir hoërskoolgimnaste verwerf.

Skaak: Die O/18 span het ‘n tweede plek by die distrikuitspele behaal.

Krieket: Kempies vs Monument:

Monument se eerste span het met vyf paaltjies gewen. Kempton het eerste gekolf en 245/9 in hul 50 beurte aangeteken. Coenie van Deventer het 77 gemoker.

Monument het 247/7 in 48 beurte geslaan.

Die O/15A span het met twee paaltjies teen Monument verloor. Kempton kolf eerste en teken 197/10 aan met Keenan Lennox wat 53 behaal het en Kevin van Zyl 57nun. Monument het 198/8 geslaan.

Luggeweerskiet: SAARA OVL Ope:

Presisie 10M Olimpies (O/16 mans): Barend Botha goud (persoonlike beste – 599.4 op die desimale stelsel); Jovan Botha brons.

Presisie 10M Olimpies (O/14 mans): Ruan Botha silwer.

Presisie 3P (O/16 mans): Jovan Botha silwer, Barend Botha brons.

Presisie 3P (O/14 mans): Ruan Botha silwer.

Sporter O/20 10M: Philip Haussamer silwer.

Sporter O/20 3P: Philip Haussamer goud.

SANSSU proewe 5:

Presisie 10M Olimpies (O/16): Ruan Botha goud, Barend Botha silwer.

Presisie 3P: Ruan Botha goud (persoonlike beste 561/600).

Sporter O/21 3P: Simone Mzyk goud, Philip Haussamer silwer.

Sporter O/21 10M: Simone Mzyk goud (persoonlike beste 372/400 op die nie-desimale stelsel), Philip Haussamer silwer.

You can read the full story on our App. Download it here.
Back to top button