Drie Kempie-skuts bly in die kol

Hulle het die afgelope maand buitengewone prestasies behaal

DRIE van Hoërskool Kemptonpark se skuts het die afgelope maand uitsonderlike prestasies behaal.

Jovan Botha (graad 10) het in Mei in Duitsland, Oldenburg en Hannover aan internasionale luggeweerskietkompetisies deelgeneem. In Oldenburg was hy onder die eerste agt met ‘n persoonlike beste telling en het na die finaal deurgedring.

In die finaal was hy sewendede.

In Hannover het 11 lande deelgeneem het. Hoewel nie een van die SA skuts ‘n medalje kon wen of in die finaal skiet nie, het Jovan weer sy persoonlike beste telling na 599.6 op die desimale stelsel verbeter. Die wenner van Uzbekistan het ‘n allemintige telling van 621.3 op die desimale stelsel geskiet.

Jovan was vir die ontwikkelingspan gekies, maar het by beide kompetisies die kwalifiserende junior Protea-telling behaal.

Simoné Mzyk (graad 11) het tydens die SANSSU ESSU proewe vier 3P rekords, wat in Augustus 2014 opgestel is, met drie punte verbeter. Sy het sodoende haar persoonlike beste telling van 561/600 op die nie-desimale stelsel geskiet

Philip Haussamer (graad 11) het die afgelope naweek tydens die SAARA Gauteng Ope die senior 10M sporter rekord met twee punte verbeter. Dit is veral merkwaardig omdat skuts die rekord sedert September 2006 slegs kon ewenaar, maar nie kon verbeter nie.

Die nuwe rekord is 545/600 op die nie-desimale stelsel. Philip het verder ook gekwalifiseer om aan die BJI (British Junior International) toer na Brittanje in Augustus deel te neem.

SANSSU proewe 4:

Presisie 10M Olimpies (O/16): Barend Botha goud, Ruan Botha brons.

Presisie 3P: Barend Botha goud, Ruan Botha silwer.

Sporter O/21 3P: Simone Mzyk goud (persoonlike beste 561/600), Philip Haussamer silwer).

Sporter O/21 10M: Simone Mzyk goud (persoonlike beste 369/400), Philip Haussamer silwer.

SAARA Gauteng Ope:

Presisie 10M Olimpies O/16 mans: Jovan Botha brons.

Presisie 10M Olimpies O/14 mans: Ruan Botha brons.

Presisie 3P O/14 mans: Ruan Botha silwer.

Sporter O/20 10M: Philip Haussamer goud (nuwe nasionale SAARA mansrekord 545/600).

Sporter O/20 3P: Philip Haussamer goud.

Kempies se netbalwedstryde wat tydens die jaarlikse derby teen Hoërskool Jeugland uitgereën het, het die

afgelope week plaasgevind.

Daar was groot ondersteuning op die pawiljoen en op die baan het die spelers hulle beste gelewer.

Die eerste spanne se wedstryd het aanvanklik baie gelykop verloop, maar toe Kempies eers op dreef was, kon hulle daarin slaag om die wedstryd met 42-33 te wen. Slegs een span het met twee punte verloor.

Die uitslae was: O/14A wen 28-26, O/14B wen 22-15, O/14C wen 21-10, O/15A verloor 20-22, O/15B wen 33-10, O/15C wen 36-3, O/16A wen 28-7, O/16B wen 21-11, O/16C wen 24-5, O/17A wen 22-11, O/17B wen 20-5, O/19A wen 42-33, O/19B wen 25-8.

You can read the full story on our App. Download it here.
Exit mobile version