Kempies kom 9de in Tuksreeks

Die reeks is die afgelope naweek afgehandel

DIE Tuksreeks is die afgelope naweek afgehandel en Hoërskool Kemptonpark het ’n algehele negende plek verower.

Die individuele uitslae in die onderskeie sporte was:

Landloop: Die landloopspanne was algeheel eerste.

O/15 Kyla Meyer derde, O/15 Ricus Wybenga tweede, O/15 Delport Botha derde en O/19 Anrich Zimmerman derde.

Tuksreeks-aflosse: MO/15 eerste, MO/19 derde, SO/15 en SO/19 eerste.

Skaak: Die skaakspanne was algeheel vyfde.

Elke leerling het nege wedstryde oor die drie dae gespeel. Joshua Agenbag en Francois Steyn het albei sewe van hulle nege wedstryde gewen.

Die volgende leerlinge was die beste tydens die hele toernooi op hul borde en het elkeen ’n bordprys ontvang: Jan du Plessis op bord vier, Francois Stoman op bord 10 en Greagan Horn op bord 11.

Muurbal: In die finale van die Tuksreeks was die uitslae as volg: Kempies wen EG Jansen 17-10, Kempies klop Rustenburg 17-2, Kempies wen Pietersburg 17-1, Kempies klop Monument 13-9, Kempies verloor teen Menlopark 0-17 en Kempies verloor teen Garsfontein 6-15.

Rugby: O/14A verloor teen EG Jansen 15-25, O/15A verloor teen Garsfontein 15-34, O/16A verloor teen Nelspruit 3-13 en eerstes verloor teen Eldoraigne 10-17.

Meisieshokkie: O/14A gelykop 1-1 teen Marais Viljoen, O/15A wen Rustenburg 5-0, O/16A verloor 0-1 teen Nelspruit en eerstes wen 3-0 teen Florida.

Seunshokkie: O/14 verloor 0-1 teen Klerksdorp en eindig 12de, O/16 speel gelykop 1-1 teen Marais Viljoen en deel 11de plek.

ATKV-redenaarskompetisie: Rondte een by Marais Viljoen gehou. Die volgende leerders gaan deur na die semi-finale rondte.

Graad agt tot nege onvoorbereid huistaal: Chanté Venter, Crisinda du Toit, Dané Schutte en Delport Botha.

Graad 10-12 onvoorbereid huistaal: Denique du Plessis, Mariska Perry en Rudeker Matthee.

Graad agt tot nege voorbereid huistaal: Wiehan Mienie.

Graad 10-12 voorbereid huistaal: Deanda van Zyl en Zander Terblanche.

Netbal vriendskaplik vs Linden: O/14A wen 32-13, O/14B wen 18-4, O/14C wen 12-4, O/15A wen 15-9, O/15B wen 22-11, O/15C wen 10-2, O/16A wen 22-18, O/16B wen 25-12, O/17A wen 32-13 en eerstes wen 35-25.

Tennisliga: Meisies A wen 45-27 teen Edenvale A.

Exit mobile version