School sportSport

Jeugland pak Lichtenburg in reeks

Elf van die Jeugie skuts het die naweek aan die ESSU proewe gaan deelneem by Hoërskool Stoffberg

HOëRSKOOL Jeugland se wintersport seisoen het die naweek afgeskop met die NWU PUK Prestige reeks teen Hoërskool Lichtenburg.

Die uitslae was:

Rugby: o/14A wen 22-10, o/14B verloor 12-19, o/15A wen 22-10, o/15B wen 25-0, o/16A verloor 12-34, o/16B verloor 10-17 en die eerste span verloor 19-24.

Netbal: o/14A wen 24-18, o/14B wen 11-10, o/15A wen 21-17, o/15B speel gelykop 15-15, o/16A verloor 14-21 en die eerste span wen 35-28.

Hokkie: Junior seuns speel gelykop 5-5 en senior seuns wen 2-0.

Skaak: Juniors speel gelykop 5-5 en seniors wen 10-0.

Elf van die Jeugie skuts het die naweek aan die ESSU proewe gaan deelneem by Hoërskool Stoffberg.

Skyfskiet: o/16 sporterklas 3P en 10M: Gerrit Smit (goud) en Tristan Swanepoel (silwer).

Back to top button